diff --git a/19/48 b/19/48 new file mode 100644 index 0000000..e6d6cda --- /dev/null +++ b/19/48 @@ -0,0 +1,15 @@ +ʼn Lied. ʼn Psalm van die kinders van Korag. +Die HERE is groot en baie lofwaardig in die stad van onse God, sy heilige berg! +Skoon deur sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde is die berg van Sion, aan die noordekant, die stad van die groot Koning! +God het Hom in sy paleise bekend gemaak as ʼn rotsvesting. +Want kyk, die konings het bymekaargekom, tesame oorgetrek. +Skaars het hulle dit gesien of hulle het verstom, verskrik geword, in angs weggevlug. +Bewing het hulle daar aangegryp, smart soos vir een wat baar. +Deur die oostewind verbreek U die skepe van Tarsis. +Soos ons gehoor het, so het ons gesien in die stad van die HERE van die leërskare, in die stad van onse God: God sal dit bevestig tot in ewigheid. Sela. +o God, ons dink aan u goedertierenheid binne-in u tempel! +Soos u Naam, o God, so is u roem tot die eindes van die aarde toe; u regterhand is vol geregtigheid. +Laat die berg Sion bly wees, laat die dogters van Juda juig om u oordele ontwil. +Gaan rondom Sion, trek daaromheen, tel sy torings; +let op sy skanse, wandel deur sy paleise, sodat julle dit aan die volgende geslag kan vertel, +dat hierdie God onse God is, vir ewig en altyd; Hý sal ons lei tot die dood toe.