diff --git a/19/19 b/19/19 new file mode 100644 index 0000000..9f9dd7d --- /dev/null +++ b/19/19 @@ -0,0 +1,7 @@ +Vir die musiekleier. ʼn Psalm van Dawid. +Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande. +Die een dag stort vir die ander ʼn boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan: +daar is geen spraak en daar is geen woorde nie - onhoorbaar is hulle stem. +Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin ʼn tent gemaak. +en hy is soos ʼn bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is bly soos ʼn held om die pad te loop. +Sy uitgang is van die einde van die hemel af en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie.