diff --git a/19/13 b/19/13 new file mode 100644 index 0000000..75b0be9 --- /dev/null +++ b/19/13 @@ -0,0 +1,6 @@ +Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. +Hoelank, HERE, sal U my altyddeur vergeet? Hoelank sal U vir my u aangesig verberg? +Hoelank sal ek planne beraam in my siel, met kommer in my hart oor dag? Hoelank sal my vyhand hom oor my verhef? +Aanskou tog, verhoor my, HERE, my God! Verlig my oë, sodat ek in die dood nie inslaap nie; +sodat my vyhand nie kan sê: Ek het hom oorwin nie, en my teëstanders nie juig as ek wankel nie. +Maar ek - op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van die HERE, omdat Hy aan my goed gedoen het.