diff --git a/19/42 b/19/42 new file mode 100644 index 0000000..d0b443f --- /dev/null +++ b/19/42 @@ -0,0 +1,12 @@ +Vir die musiekleier. ʼn Onderwysing van die kinders van Korag. +Soos ʼn hert wat smag na waterstrome so smag my siel na U, o God! +My seil dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn? +My trane is my spys dag en nag, omdat hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God? +Hieraan wil ek dink en my siel uitstort in my: hoe ek gewoond was om voort te trek met die skare, hulle gelei het na die huis van God, met die stem van jubel en lof - ʼn feesviererende menigte! +Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom loof - die verlossing van sy aangesig! +o My God, my siel buig hom neer in my; daarom dink ek aan U uit die land van die Jordaan en die Hermons, van die klein gebergte af. +Die vloed roep na die vloed by die gedruis van watervalle; al u bare en u golwe het oor my heengegaan. +Maar die HERE sal oor dag sy goedertierenheid gebied, en in die nag sal sy lied by my wees, ʼn gebed tot die God van my lewe. +Ek wil sê tot God: My rots, waarom vergeet U my? waarom gaan ek in die rou deur die vyhand se verdrukking? +Met ʼn doodsteek in my gebeente smaad my teëstanders my as hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God? +Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof - die verlossing van my aangesig en my God!