diff --git a/19/28 b/19/28 new file mode 100644 index 0000000..63cffe7 --- /dev/null +++ b/19/28 @@ -0,0 +1,9 @@ +ʼn Psalm van Dawid. Ek roep u aan, o HERE! My rots, draai nie stilswygend van my af weg nie, sodat ek, as U vir my stilbly, nie word soos die wat in die kuil neerdaal nie. +Hoor die stem van my smekinge sa ek U aanroep om hulp, as ek my hande ophef na die binneste van u heiligdom. +Ruk my nie weg saam met die goddelose en saam met die werkers van ongeregtigheid nie; wat van vrede spreek met hulle naaste, maar daar is kwaad in hulle hart. +Gee hulle na hul dade en na die boosheid van hul handelinge; gee hulle na die werk van hul hande; vergeld hulle vir wat hulle gedoen het. +Omdat hulle nie let op die dade van die HERE of op die werk van sy hande nie, sal Hy hulle afbreek en hulle nie bou nie. +Geloof sy die HERE, want Hy het die stem van my smekinge gehoor. +Die HERE is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang. +Die HERE is ʼn sterkte vir hulle, en Hy is ʼn vesting van verlossing vir sy gesalfde. +Verlos u volk en seën u erfdeel, en wees vir hulle ʼn herder en dra hulle tot in ewigheid.