Voeg by Mattheüs 11:5-30

This commit is contained in:
Malachi van der Merwe 2023-03-23 17:34:32 +02:00 committed by Gitea
parent 3d43bdbda1
commit 359198cf2b
1 changed files with 26 additions and 0 deletions

26
40/11
View File

@ -2,3 +2,29 @@ En toe Jesus klaar bevele gegee het aan sy twaalf disiepels, gaan Hy daarvandaan
En Johannes het in die gevangenis gehoor van die werke van die werke van christus en twee van sy disiepels gestuur
en vir Hom gesê: Is U die Een wat sou kom, of moet ons ʼn ander een verwag?
En Jesus het geatwoord en vir hulle gesê: Gaan vertel Johannes wat julle hoor en sien:
blindes sien weer en kreuples loop, melaatse word gereinig en dowes hoor, dooies word opgewek en aan armes word die evangelie verkondig.
En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie.
En toe hulle vertrek, begin Jesus om vir die skare aangaande Johnnes te sê: Wat het julle uitgegaan in die woestyn om te aanskou? ʼn Riet wat deur die wind beweeg word?
Maar wat het julle uitgegaan om te sien? ʼn Man met sagte klere aan? Kyk, die wat sagte klere dra, is in die huise van konings.
Maar wat het julle uitgegaan om te sien? ʼn Profeet? Ja, Ek sê vir julle, ook baie meer as ʼn profeet!
Want dit is hy van wie deer geskrywe is: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u weg voor U nit sal regmaak.
Voorwaar Ek sê vir julle onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Dopernie; maar die kleinste in koninkryk van die hemele is groter as hy.
Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm, en bestormers gryp dit met geweld.
Want al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer.
En as julle gewillig is om dit aan te neem: hy is Elía wat sou kom.
Wie ore het om te hoor,laat hom hoor.
Maar waarmee sal Ek hierdie geslag vergelyk? Dit is net soos kindertjies wat op die marke sit en na hulle maats roep
en sê: Ons het vir julle op die fiuit gespeel, en julle het nie gedans nie; ons het vir julle ʼn klaaglied gesing, en julle het nie getreur nie.
Want Johannes het gekom en nie geëet of gedrink nie, en hulle sê: Hy het ʼn duiwel.
Die Seun van die mens het gekom en Hy eet en drink, en hulle sê: Dáár is ʼn mens wet ʼn vraat en ʼn wynsuiper is, ʼn vriend van tollenaars en sondaars. Maar die wysheid is geregverdig deur sy kinders.
Toe het hy die stede waarin die meeste van sy kragtige dade plaasgevind het, begin verwyt, omdat hulle hul nie dekeer het nie:
Wee jou, Gόrasin, wee jou, Betsáida! want as in Tirue en Sidon die kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle hul lankal in sak en as dekeer het.
Maar Ek sê vir julle, dit sal vir Tirus en Sidon verdraaaagliker wees in die oordeelsdag as vir julle.
En jy, Kapérnaüm, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot die doderyk toe neergstoot word; want as in Sodom die kragtige dade plaasgevind het wat in jou plaasgevind het, sou hy bly staan het tot vandag toe.
Maar Ek sê vir julle dat dit vir die land van Sodom verdraagliker sal wees in die oordeelsdag as vir jou.
In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verderg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopendaar het.
Ja, Vader, want so was dit u weldehae.
Alles is My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook kan niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun die wil openbaar.
Kom na My toe, almal wat vermoeid en blas is, en Ek sal julle rus gee.
Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart; en julle sal rus vind vir julle siele.
Want my juk is sag en my las is lig.