diff --git a/18/12 b/18/12 new file mode 100644 index 0000000..b5bcc51 --- /dev/null +++ b/18/12 @@ -0,0 +1,25 @@ +Maar Job het geantwoort en gesê: +Waarlik, ja, julle is die regte mense, en saam met julle sterf die wysheid uit! +Ook ek he verstand soos julle; ek staan nie vir julle terug nie; en wie weet sulke dinge nie? +Ek moet ʼn belagging wees vir my vriend, ek wat God aangeroep en verhoring gefind het - ʼn belagging is vir die regverdige, die opregte! +Vir die ongeluk is daar veragting volgens die gedagte van hom wat lekker lewe; dit staan klaar vir hulle wie se voet wankel. +Rustig staan die tente van die verwoesters, en sekerheid is die deel van hulle wat God vertoorn, van hom wat sy god in sy hand dra. +Maar vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee; +of spreek die aarde aan, dat dit jou leer, en laat die fisse van die see jou vertel. +Wie weet nie deur al hierdie dinge dat die hand van die Here dit gemaak het nie? +In wie se hand die siel is van alles wat leef, en die gees van alle menslike vlees. +Moet die oor nie die woorde toets soos die verhemelte spyse proe nie? +By die grysaarts is wyshied, en in lengte van dae is verstand. +By Hόm is wysheid en mag; Hý het raad en verstand. +Kyk, Hy breek af en daar word nie opgebou nie; Hy sluit ʼn man as gevangene op, en daar word nie oopgemaak nie. +Kyk, Hy hou die waters terug, en hulle verdroog; ook laat Hy hulle los, en hulle keer die aarde om. +By Hόm is krag en beleid; syne is die verdwaalde en hy wat laat dwaal. +Hy voer raadsmanne uitgeplunder weg, en regters maak hy tot dwase. +Hy maak die band los waar konings mee bind, en bind ʼn lyfdoek om hulle heupe. +Hy voer priesters uit geplunder weg en bring ou geslagte tot ʼn val. +Hy neem die spraak van die vertroubare mense weg en beroof die ou mense van hul oordeel. +Hy stort veragting uit oor die edeles en maak die gordel van die magtiges slap. +Hy oopenbaar dieptes uit die duisternis uit, en doodskaduwee bring Hy uit in die lig. +Hy maak nasies groot en laat hulle omkom; Hy brei nasies uit en voer hulle weg. +Hy neem die verstand weg van die volkshoofde van die land en laat hulle ronddwaal in ʼn wildernis, sonder pad. +Hulle tas in die duisternis, sonder lig; en Hy laat hulle ronddwaal soos ʼn dronk man.