Voeg by Psalms 16:1-11

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2022-07-28 15:31:01 +02:00 committed by Gitea
parent 52c38a8f4b
commit 55e907384c

11
19/16 Normal file
View File

@ -0,0 +1,11 @@
'n GEDIG van Dawid. Bewaar my, o God, want by U skuil ek.
Ek het vir die HERE gesê: U is my Here; vir my is daar geen goed bo U nie.
Maar aangaande die heiliges wat op die aarde is, sê ek: Hulle is die heerlikes in wie al my behae is.
Die smarte van hulle wat 'n ander god met gawes vereer, sal menigvuldig wees; ek sal hulle drankoffers van bloed nie uitgiet en hulle name op my lippe nie neem nie.
Die HERE is die deel van my erfenis en van my beker; U onderhou my lot.
Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja my erfenis is vir my mooi.
Ek sal die HERE loof wat my raad gegee het; selfs in die nag vermaan my niere my.
Ek stel die HERE altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.
Daarom is my hart bly en my eer juig; ook sal my vlees in veiligheid woon;
want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgennot verderwing sien nie.
U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig.