Voeg by Psalms 32:1-11

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2022-09-16 14:51:42 +02:00 committed by Gitea
parent b8b8edab59
commit 638c19881b
1 changed files with 11 additions and 0 deletions

11
19/32 Normal file
View File

@ -0,0 +1,11 @@
ʼn Pslam van Dawid; ʼn onderwysig. Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is.
Welgeluksalig is die mens aan wie die HERE die ongeregtigheid nie toegereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie.
Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag;
want u hand was dag en nag swaar op my; my murg het verander soos deur somerdroogtes. Sela.
My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wik aan die HERE my oortredinge bely; en Ú het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela.
Daarom sal elke vrome U aanbid in ʼn tyd as U te vinde is; ja, by ʼn oorstroming van groot waters sal hulle nie aan hom raak nie.
U is ʼn skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding. Sela.
Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.
Wees nie soos ʼn perd, soos ʼn muilesel wat geen verstand het nie, wat ʼn mens moet tem met toom en teul as sy tuig, anders kom hy nie naby jou nie.
Die goddelose het baie smarte, maar hy wat op die HERE vertrou - met goedertierenheid sal Hy hom omring.
Wees bly in die HERE en juig, o regverdiges! En jubel, alle opregtes van hart!