diff --git a/1/25 b/1/25 index 6f73843..9cba68e 100644 --- a/1/25 +++ b/1/25 @@ -20,3 +20,15 @@ En dit is die geskiedenis van Isak, die seun van Abraham: Abraham was die vader En Isak was veertig jaar oud toe hy Rebekka, die dogter van Bétuel, die Arameër uit Paddan-Aram, die suster van Laban, die Arameër, vir hom as vrou geneem het. En Isak het die HERE gesmeek met die oog op sy vrou, want sy was onvrugbaar; en die HERE het hom verhoor, sodat sy vrou Rebekka swagner geword het. En die kinders het teen mekaar gestamp binne-in haar. Toe sê sy: As dit so gaan, waarvoor leef ek dan? Daarom het sy gegaan om die HERE te raadpleeg. +En die HERE antwoord haar: Twee nasies is in jou skoot, en twee volke sal van mekaar gaan uit jou liggam; en die een volk sal sterker wees as die ander volk; en die oudste sal die jongste dien. +En toe haar dae vervul is dat sy moes baar, was daar 'n tweeling in haar skoot. +En die eerste is gebore- rooi, geheel-en-al soos 'n mantel van hare. Daarom het hulle hom Esau genoem. +En daarna is sy broer gebore terwyl sy hand die hakskeen van Esau vashou. Daarom is hy Jacob genoem. En Isak was sestig jaar oud by hulle geboorte. +En die seuns het opgegroei: Esau was 'n jagter, 'n man van die veld; maar Jacob was 'n vredeliewende man wat in tente gewoon het. +En Isak het Esau liefgehad, want wildvleis was na sy smaak; maar Rebekka het Jacob liefgehad. +En Jacob het 'n kooksel klaargemaak, en Esau het moeg uit die veld gekom. +Toe sê Esau vir Jacob: Laat my tog sluk van daardie rooigoed daar, want ek is moeg. Daarom het hulle hom Edom genoem. +En Jacob antwoord: Verkoop eers jou eersgeboortereg aan my. +En Esau sê: Kyk, ek gaan sterwe, en wat baat die eersgeboortereg my dan? +Toe aantwoord Jacob: Sweer eers vir my. En hy het vir hom gesweer en sy eersgeboortereg aan Jacob verkoop. +En Jacob het vir Esau brood en die kooksel lensies gegee; en hy het geëet en gedrink en opgestaan en weggegaan. So het Esau dan sy eersgeboortereg verag.