Voeg by Psalms 11:3-7 en 12:1-6

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2022-07-01 18:58:25 +02:00 committed by Gitea
parent cdc267cb5e
commit 7a30a1238d
2 changed files with 11 additions and 0 deletions

5
19/11
View File

@ -1,2 +1,7 @@
Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. By die HERE skuil ek. Hoe kan julle dan vir my sê: Vlug na julle berge soos 'n voël!
Want kyk, die goddelose span die boog; hulle het hul pyl op die snaar reggesit om in die donker te skiet na die opregtes van hart.
As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?
Die HERE is in sy heilige paleis; die troon van die HERE is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders.
Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.
Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reen; en 'n gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees.
Want die HERE is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien.

6
19/12 Normal file
View File

@ -0,0 +1,6 @@
Vir die musiekleier; met basstem. 'n Psalm van Dawid.
Red, o HERE, want daar is geen vrome meer nie; want die getroues het verdwyn onder die mensekinders.
Hulle praat leuens, die een met die ander; met vleiende lippe spreek hulle dubblelhartig.
Mag die HERE al die vleiende lippe uitroei, die tog wat grootpraat,
hulle wat sê: Met ons tong is ons stek; ons lippe is met ons! Wie is heer oor ons?
Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou ontspan, sê die HERE; Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag.