diff --git a/19/29 b/19/29 new file mode 100644 index 0000000..058ac5c --- /dev/null +++ b/19/29 @@ -0,0 +1,11 @@ +ʼn Psalm van Dawid. Gee aan die HERE, o seuns van God, gee aan die HERE eer en sterkte! +Gee aan die HERE die eer van sy Naam; aanbid die HERE in die heilige sieraad! +Die stem van die HERE is op die waters, die God van eer donder; die HERE is op die groot waters. +Die stem van die HERE is met krag; die stem van die HERE is met heerlikheid. +Die stem van die HERE breek seders; ja die HERE verbreek die seders van die Líbanon; +en Hy laat hulle opspring soos ʼn kalf, die Líbanon en Sirjon soos ʼn jong buffel. +Die stem van die HERE slaan daar vuurvlamme uit. +Die stem van die HERE laat die woestyn bewe; die HERE laat die woestyn van Kades bewe. +Die stem van die HERE laat die takbokke lam en maak die bosse kaal; maar in sy paleis sê elkeen: Heerlikheid! +Die HERE het gesit oor die Watervloed; ja die HERE sit as Koning tot in ewigheid. +Die HERE sal sy volk sterkte gee, die HERE sal sy volk seën met verde.