diff --git a/19/14 b/19/14 new file mode 100644 index 0000000..079c1c4 --- /dev/null +++ b/19/14 @@ -0,0 +1,7 @@ +Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie. Sleg, afskuwelik maak hulle hul dade; daar is niemand wat goed doen nie. +die HERE het uit die hemel neergesien op die mensekinders, om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra. +Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen, ook nie een nie. +Het al die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie? die wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep die HERE nie aan nie. +Dáár het skrik hulle oorweldig, want God is by die regverdige geslag. +Die raad van die ellendige - julle kan dit tot skande maak; waarlik, die HERE is sy toevlug. +Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! As die HERE die lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees. diff --git a/19/15 b/19/15 new file mode 100644 index 0000000..d9495a8 --- /dev/null +++ b/19/15 @@ -0,0 +1,5 @@ +'n Psalm van Dawid. HERE wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg? +Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek; +wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie; +in wie se oe die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die HERE vrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie; +wat sy geld nie gee op woeker en geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel in ewegheid nie.