From ae888a82a191af95ced02d7b5e0a9f05c2a63cdc Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Thu, 8 Sep 2022 15:01:44 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Psalms 26:1-12 --- 19/26 | 12 ++++++++++++ 1 file changed, 12 insertions(+) create mode 100644 19/26 diff --git a/19/26 b/19/26 new file mode 100644 index 0000000..c535213 --- /dev/null +++ b/19/26 @@ -0,0 +1,12 @@ +ʼn Psalm van Dawid. Doen aan my reg, o HERE, want ék wandel in my opregtheid en vertrou op die HERE sonder om te wankel. +Toets my, HERE, en beproef my, keur my niere en my hart; +want u goedertierenheid is voor my oë, en ek wandel in u waarheid. +Ek sit nie by valse mense nie, en met slinkse mense gaan ek nie om nie. +Ek haat die vergadering van kwaaddoeners, en by die goddelose sit ek nie. +Ek was my hande in onskuld en wil gaan rondom u altaar, o HERE, +om die stem van lof te laat hoor en om al u wonders te vertel. +HERE, ek het lief die woning van u huis en die woonplek van u heerlikheid. +Ruk my siel nie weg saam met die sondaars en my lewe saam met die manne van bloed nie; +in wie se hande skandelike dade is, en wie se regterhand vol is van omkopery. +Maar ék wandel in my opregtheid; verlos my en wees my genadig. +My voet staan op gelyk grond; ek sal die HERE loof in die vergaderings.