From af29df282329a3fa1d33fe5f781c7fd9cbab5047 Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Hannah van der Merwe Date: Thu, 6 Oct 2022 22:29:22 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Genesis 38:24-30 --- 1/38 | 7 +++++++ 1 file changed, 7 insertions(+) diff --git a/1/38 b/1/38 index d777011..2db1c48 100644 --- a/1/38 +++ b/1/38 @@ -21,3 +21,10 @@ En Juda het die boklam gestuur deur middel van sy vriend, die Adullamiet, om die Daarop gaan hy na die mense van haar woonplek: Waar is die hoer wat in Enaim by die pad was? En hulle antwoord: Hier was geen hoer nie. Daarop gaan hy na Juda terug met die berig: Ek het haar nie gekry nie. En die mense van die plek het ook gesê: Hier is geen hoer nie. Toe antwoord Juda: Laat sy dit hou, dat ons nie ʼn bespotting word nie. Kyk, ek het hierdie boklam gestuur, maar jy het haar nie gekry nie. +Ná omtrent drie maande het hulle Juda laat weet en gesê: Tamar, jou skoondogter, het gehoereer, en sy is ook swanger van hoerery! En Juda sê: Bring haar uit, dat sy kan verbrand word. +Terwyl sy uitgebring word, laat sy skoonvader dít weet: By die man aan wie hierdie dinge behoort, is ek swanger. En sy het gesê: Kyk tog mooi, aan wie hierdie seëlring en bandjies en staf behoort. +En Juda het dit herken en gesê: Sy het reg teenoor my, want ek het haar nie aan my seun Sela gegee nie. En hy het haar verder nie meer beken nie. +En toe sy sou baar, was daar ʼn tweeling in haar skoot. +En terwyl sy baar, het een die hand uitgesteek; en die vroedvrou het dit gegryp en ʼn rooi draad om sy hand gebind en gesê: Hierdie een is eerste gebore. +Maar toe hy sy hand teruggetrek het, word sy broer gebore! En sy sê: Hoe kragtig het jy duergebreek! En hulle het hom Peres genoem. +En daarna is sy broer gebore aan wie se hand die rooi draad was. En hulle het hom Serag genoem.