Voeg by Genesis 37:26-36

This commit is contained in:
Hannah van der Merwe 2022-10-04 12:39:36 +02:00 committed by Gitea
parent 90a72d6efc
commit b907948138
1 changed files with 11 additions and 0 deletions

11
1/37
View File

@ -23,3 +23,14 @@ Ruben het ook vir hulle gesê: Moenie bloed vergiet nie; gooi hom in hierdie put
En toe Josef by sy broers kom, trek hulle Josef se rok uit, die rok met lang moue wat hy aangehad het,
en julle neem hom en gooi hom in die put. Maar die put was leeg; daar was geen water in nie.
Daarna het hulle gaan sit om brood te eet; en toe hulle hul oë opslaan, sien hulle meteens ʼn reisgeselskap van Ismaeliete wat uit Gílead kom - hulle kamele gelaai met speserye en balsem en gom - op pad om dit na Egipte af te bring.
Toe sê Juda vir sy broers: Watter voordeel is dit dat ons ons broer doodslaan en sy bloed verberg?
Kom, laat ons hom aan die Ismaeliete verkoop, maar laat ons hand nie teen hom wees nie; want hy is ons broer, ons vlees. En sy broers het geluister.
En toe die Midianietiese koopmans verbykom, het hulle Josef uit die put uit opgetek en uitgehaal en Josef aan die Ismaeliete verkoop vir twintig sikkels silwer. En húlle het Josef na Egipte gebring.
Toe Ruben by die put terugkom, was Josef nie in die put nie! Daarop skeur hy sy klere,
en hy gaan na sy broers terug en sê: Die seun is nie daar nie! En ek, waar moet ek heen?
Toe neem hulle Josef se rok, en hulle slag ʼn bok en steek die rok in die bloed,
en hulle stuur die lang rok weg en laat dit na hulle vader bring met die woorde: Dit het ons gekry. Kyk tog goed of dit die rok van u seun is of nie.
En hy het dit herken en gesê: Die rok van my seun! ʼn Wilde dier het hom opgeëet. Verskeur, verskeur is Josef!
Toe skeur Jakob sy klere en ʼn sit roukleed om sy huepe, en hy het oor sy seun gerou, baie dae lank.
En al sy seuns en al sy dogters het moeite gedoen om hom te troos, maar hy het geweier om hom te laat troos en gesê: Treurende sal ek na my seun in die doderyk afdaal! So het sy vader hom dan beween.
En die Midianiete het hom na Egipte verkoop aan Pόtifar, ʼn hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag.