Voeg by Johannes 3:1-5:47

This commit is contained in:
Jana 2023-05-20 21:59:29 +02:00
parent a2c22817bb
commit be56585f05
Signed by untrusted user: Jana
GPG Key ID: 7D5D09057C519039
3 changed files with 137 additions and 0 deletions

36
43/3 Normal file
View File

@ -0,0 +1,36 @@
En daar was 'n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus , 'n owerste van die Jode.
Hy het in die na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U 'n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met Hom is nie.
Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan 'n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tof nie 'n twede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?
Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle weer gebore word nie.
Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waarvandaan hy kom eb waarnatoe hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.
Nikodémus antwoord en sê vir hom: Hoe kan hierdie dinge gebeur?
Jesus antwoord en sê vir hom: Jy is 'n leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie?
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons gee getuienis van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie.
As Ek van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?
En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.
En soos Moses die slang in die woestyn verhoog word,
sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te oordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
Hy wat in Hom glo, word nie geoordeel nie; maat hy wat nie glo nie, is alreeds geoordeel, omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
En dit is die oordeel, dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.
Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf kan word nie.
Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.
Hierna het Jesus en sy disiepels na die land van Judéa gegaan, en Hy het daar met hulle vertoef en gedoop.
En Johannes was ook besig om te doop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was. En die mense het daar gekom en is gedoop.
Want Johannes was nog nie in die gevangenis gewerp nie.
Daar het toe van die kant van die disiepels van Johannes 'n redenasie ontstaan met die Jode oor die reiniging.
En hulle het na Johannes gekom en vir hom gesê: Rabbi, Hy wat saam met u oorkant die Jordaan was, van wie u getuig het, kyk, Hy doop, en almal gaan na Hom toe.
Johannes antwoord en sê: 'n Mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die hemel gegee is nie.
Julle is self my getuie dat ek gesê het: Ek is nie die Christus nie; maar dat ek voor Hom uit gestuur is.
Die een wat die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome.
Hy moet meer word, maar ek minder.
Hy wat van bo kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal.
En wat Hy gesien en gehoor het, die getuig Hy; en niemand neem sy getuienis aan nie.
Wie sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waar is.
Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie.
Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee.
Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.

54
43/4 Normal file
View File

@ -0,0 +1,54 @@
Toe die Here dan verneem dat die Fariseërs gehoor het dat Jesus meer disiepels maak en doop as Johannes-
alhoewel Jesus self nie gedoop het nie, maar sy disiepels-
het Hy Judéa verlaat en weer na Galiléa gegaan.
En Hy moes deur Samaría gaan.
Hy kom toe by 'n stad van Samaría wat Sígar genoem word, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het.
En die fontein van Jakob was daar. Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, somar by die fontein gaan sit. Dit was omtrent twaalfuur.
Daar kom 'n vrou uit Samaría om water te skep. Jesus sê vir haar: Gee vir my water om te drink-
want sy disiepels het na die stad gegaan om voedsel te koop.
En die Samritaanse vrou sê vir Hom: Hoe is dit sat U wat 'n Jood is, van my vra om te drink terwyl ek 'n Samaritaanse vrou is? Want die Jode hou geen gemeenskap met die Samaritane nie.
Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en wis wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het.
Die vrou sê vir Hom: Here, U het nie eens 'n skepding nie, en die put is diep; waarvandaan kry U dan die lewende water?
U is tog nie groter as ons vader Jakob nie wat vir ons die put gegee het en self daaruit gedrink het en sy seuns en sy vee?
Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry;
maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word 'n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.
Die vrou sê vir Hom: Here, gee my daardie water, sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom skep nie.
Jesus sê vir haar: Gaan roep jou man en kom hier.
Die vrou antwoord en sê: Ek het nie 'n man nie. Jesus sê vir haar: Jy het reg gesê: Ek het nie 'n man nie;
want jy het het vyf mans gehad; en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Dit het jy met waarheid gesê.
Die vrou sê vir Hom: Here, ek sien dat U 'n profeet is.
Ons vaders het op hierdie berg aanbid, en julle sê dat die plek waar ons behoort te aanbid, in Jerusalem is.
Jesus sê vir haar: Vrou, glo My daar kom 'n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sak aanbid nie.
Julle aanbid wat julle nie weer nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode.
Daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook sulke mense wat Hom aanbid.
God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
Die vrou sê vir Hom: Ek weet dat die Messías kom- Hy wat Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy ons alles verkondig.
Jesus sê vir haar: Dit is Ek wat met jou spreek!
En op dié oomblik het sy disiepels gekom en hulle verwonder dat Hy met 'n vrou in gesprek was. Tog het niemand gesê: Wat verlang U nie? of: Waarom spreek U met haar nie?
Die vrou het toe haar waterkan laat staan en na die stad gegaan en vir die mense gesê:
Kom kyk 'n man wat my vertel het alles wat ek gedoen het, Is Hy nie miskien die Christus nie?
Hulle het toe uit die stad gegaan en na Hom gekom.
En intussen het sy disiepels Hom dringend gevra en gesê: Rabbi, eet.
Maar Hy sê vir hulle: Ek het voedsel om te eet waar julle nie van weet nie.
Die disiepels sê toe vir mekaar: Het iemand dan vir Hom ete gebring?
Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en sy werk te volbring.
Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes.
En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees.
Want hierin is die woord waar: Dit is een wat saai, en 'n ander een wat maai.
Ek het julle gestuur om te maai waar julle nie aan gewerk het nie. Ander het gewerk, en julle het in hulle arbeid ingegaan.
En baie van die Samaritane uit daardie stad het in Hom geglo oor die woord van die vrou wat getuig het: Hy het my alles vertel wat ek gedoen het.
Toe die Samaritane dan by Hom kom, vra hulle Hom dringend om by hulle te bly; en Hy het daar twee dae gebly.
En baie meer het op grond van sy woord geglo
en vir die vrou gesê: Ons glo nie meer op grond van wat hy gesê het nie, want ons het self gehoor en ons het weet dat Hy waarlik die Christus, die Verlosser van die wêreld, is.
En ná die twee dae het Hy daarvandaan weggegaan en na Galiléa vertrek.
Want Jesus self het getuig dat 'n profeet in sy eie vaderland nie eer het nie.
Toe Hy dan in Galiléa kom, het die Galiléërs Hom ontvang, omdat hulle alles gesien het wat Hy in Jerusalem op die fees gedoen het; want hulle het ook na die fees gegaan.
Jesus het dan weer gekom op Kana in Galiléa waat Hy die water wyn hemaak het. En daar was 'n sekere koninklike beampte wie se seun in Kapérnaum siek was.
Toe hy hoor dat Jesus uit Judéa in Galiléa gekom het, gaan hy na Hom en vra Hom om af te kom en sy seun gesond te maak, want hy het op sterwe gelê.
Jesus sê toe vir hom: As hulle nie tekens en wonders sien nie, sal julle nooit glo nie.
Die koninklike beampte sê vir Hom: Here, kom af voordat my king sterwe.
Jesus antwoord hom: Gaan, jou seun lewe! En die man het die woord geglo wat Jesus vir hom gesê het, en ny het gegaan.
En alreeds terwyl hy op pad was huis toe, kom sy skawe hom tegemoet en bring die berig en sê: U kind lewe!
Hy verneem toe van hulle die uur waarop hy beter geword het. En hulle sê vir hom vir hom: Gister om eenuur het die koors verlaat.
Die vader merk toe dat dit op daardie uur was waarop Jesus vir hom gesê het: Jou kind lewe! En hy self geglo en sy eie huis.
Hierdie twede teken weer het Jesus gedoen toe Hy uit Judéa in Galiléa gekom het.

47
43/5 Normal file
View File

@ -0,0 +1,47 @@
Hierna was daar 'n fees van die Jode, en Jesus het opgegaan an Jerusalem.
En daar is in Jerusalem by die Skaappoort 'n bad met vyf pilaargange wat in Hebreeus Betésda genoem word.
Daarin het 'n groot menigte van siekes gelê: blindes en kreupeles en lammes wat vir die roering van die water gewag het.
Want 'n engel het op bepaalde tye neergedaal in die bad en die water geroer. Die een wat dan die eerste ingaan ná die roering van die water, het gesond geword, aan watter siekte hy ook al gely het.
En 'n sekere man was daar wat agt em dertig jaar aan sy siekte gely het.
Toe Jesus hom sien lê terwyl Hy wis dat hy al 'n lang tyd siek was, sê Hy vir hom: Wil jy gesond word?
Die sieke antwoord Hom: Here, ek het niemand om my in die bad te sit as die water geroer word nie; en onderwyl ek kom, gaan 'n ander een voor my in.
Jesus sê vir hom: Staan op, neem hou bed op en loop.
En dadelik het die man gesond geword en sy bed opgeneem, en geloop, En daardie dag was dit sabbat.
Die Jode sê toe vir hom wat genees was: Dit is sabbat; dit is jou nie geoorloof om jou bed te dra nie.
Hy antwoord hulle: Hy wat my gesond gemaak het, Hy het vir my gesê: Neem jou bed op en loop.
Toe vra hulle hom: Wie is die man wat vir jou gesê het: Neem jou bed op en loop?
Maar hy wat gesond geword het, wis nie wie dit was nie; want Jesus het Hom verwyder, omdat daar 'n skare was op die plek.
Daarna het Jesus hom in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.
Die man het gegaan en aan die Jode vertel dat dit Jesus was wat hom gesong gemaak het.
En hieroor het die Jode Jesus vervolg en probeer om Hom dood te maak, omdt Hy dit op die sabbat gedoen het.
En Jesus het hulle geantwoord: My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook.
Hieroor het die Jode toe nog meer probeer om Hom dood te maak, omdat Hy nie alleen die sabbat gebreek het nie, en Hom aan God gelyk gemaak het.
Jesus het toe geantwoord en vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hý doen, dit doen die Seun ook net so.
Want die Vader het die Seun lief en toon Hom alles wat Hy self doen. En groter werke as hierdie sal Hy Hom toon, sodat julle verwonderd kan wees.
Want soos die Vader die dode opgewek en lewendig maak, so maak ook die Seun lewendig wie Hy wil.
Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee,
sodat almal die Seun mag eer net soos hulle die Vader eer. Wie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie.
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle wir my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van God sal hoor; en die wat dit gehoor het, sal lewe.
Want soos die Vader lewe het in Homself, so het Hy aan die Seun ook gegee om lewe in Homself te hê.
En Hy het Hom mag gegee om ook die oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is.
Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom 'n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor
en sal uitgaan-die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.
Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.
As Ek van Myself getuig, is my getuienis nie waar nie.
Daar is 'n ander Een wat van My getuig, en Ek weet dat die getuienis wat Hy van My getuig, waar is.
Julle het na Johannes gestuur, en hy het vir die waarheid getuig.
Maar Ek neem die getuienis van 'n mens nie aan nie; maar Ek sê dit, dat julle kan gered word.
Hy was die lamp wat brand en skyn, en julle was gewillig om jul vir 'n tyd in sy lig te verbly.
Maar Ek het 'n groter getuienis as dié van Johannes, want die werke wat die Vader My gegee het om te volbring, die werke self wat Ek doen, getuig van My dat die Vader My gestuur het.
En die Vader wat My gestuur het, Hy het van My getuig. Julle het nog nooit sy stem gehoor of sy gedaante gesien nie.
En julle het nie sy woord as iets blywends in julle nie, omdat julle Hom wat Hy gestuur het, nie geglo nie.
Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig.
En julle wil nie na My kom om die lewe te hê nie.
Eer neem Ek van die mense nie aan nie.
Maar Ek ken julle, dat julle die liefde van God in julle nie het nie.
Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As 'n ander een in sy eie naam kom, hόm sal julle aanneem.
Hoe kan julle glo wat van mekaar eer aanneem, en die eer wat van die enige God kom, nie soek nie?
Moenie dink dat Ek julle sal beskuldig by die Vader nie. Daar is een wat julle beskuldig-Moses op wie julle gehoop het.
Maar as julle Moses geglo het, sou julle My glo, want hy het van My geskrywe.
En as julle sy skrifte nie glo nie, hoe sal julle my woorde glo?