From c3cef83368b5e4a34c552a0a9a279233ae09ff69 Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Fri, 9 Sep 2022 15:55:03 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Psalms 27:1-14 --- 19/27 | 14 ++++++++++++++ 1 file changed, 14 insertions(+) create mode 100644 19/27 diff --git a/19/27 b/19/27 new file mode 100644 index 0000000..bec85f4 --- /dev/null +++ b/19/27 @@ -0,0 +1,14 @@ +ʼn Psalm van Dawid. Die HERE is my lig en my heil: vir wie sal ek vrees? Die HERE is die toevlug van my lewe: vir wie sal ek vervaard wees? +As kwaaddoeners teen my naderkom om my vlees te eet - my teëstanders en my vyhande - struikel hulle self en val. +Al word ʼn laer teen my opgeslaan, my hart sal nie vrees nie; al staan ʼn oorlg teen my op, nogtans vertrou ek. +Een dig het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel. +Want hy steek my weg in sy hut in die dag van onheil; Hy verberg my in die skuilplek van sy tent; Hy verhef my op ʼn rots. +En nou sal my hoof hoog wees bo my vyhande rondom my, en ek wil in sy tent offerhandes offer tesame met trompetgeklank; ek wil sing, ja psalmsing die HERE. +Hoor, o HERE, ek roep hard; en wees my genadig en antwood my. +Van U sê my hart: Soek my aangesig! Ek soek u aangesig, o HERE! +Verberg u aangesig nie vir my nie, wys u kneg nie af in toorn nie: U was my hulp! Verstoot en verlaat my nie, o God van my heil! +Want my vader en my moeder het my verlaat, maar die HERE sal my aanneem. +HERE, leer my u weg en lei my op ʼn gelyk pad, om my vyhande ontwil. +Gee my nie oor aan die begeerte van my teëstanders nie, want valse getuie het teen my opgestaan en hy wat geweld uitblaas. +As ek nie geglo het dat ek die goedheid van die HERE sal sien in die land van die lewende nie - dan het ek vergaan. +Wag op die HERE! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja wag op die HERE!