From ff3bd241d454f2e0d73ffa8e5fa3c738e41e2417 Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Wed, 31 Aug 2022 16:07:57 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Psalms 22:1-32 --- 19/22 | 32 ++++++++++++++++++++++++++++++++ 1 file changed, 32 insertions(+) create mode 100644 19/22 diff --git a/19/22 b/19/22 new file mode 100644 index 0000000..ff4934e --- /dev/null +++ b/19/22 @@ -0,0 +1,32 @@ +Vir die musiekleier; op die wysie van: "Die hert van die dageraad." ʼn Psalm van Dawid. +My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my gebrul? +My God, ek roep bedags, maar U antwoort nie; en snags, ne ek kan nie swyg nie. +Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel! +Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou, en U het hulle uitgered. +Hulle het U aangeroep en het ondvlug; op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie. +Maar ek is ʼn wurm en geen man nie, ʼn smaad van die mense en verag deur die volk. +Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoof en sê: +Laat dit aan die HERE oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy het mos behae in hom! +Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het, wat my met vertroue vervul het aan my moederse borste. +Aan U is ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God. +Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby, want daar is geen helper nie. +Baie stiere het my omsingel, sterkes van Basan het my omring. +Hulle het hul mond teen my oopgespalk soos ʼn leeu wat verskeur en brul. +Ek is uitgestort soos water; al my bene raak los; my hart het soos was geword; dit het gesmelt binne-in my ingewande. +My krag is verdroog soos ʼn potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood. +Want honde het my omsingel; ʼn bende van kwaaddoenders het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe. +Al my bene kan ek tel; húlle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer! +Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad. +Maar U, HERE, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help! +Red my siel van die swaard, my enigste uit die mag van die hond. +Verlos my uit die bek van die leeu; en uit die horings van die buffels het U my verhoor! +Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys. +Julle wat die HERE vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van die Israel! +Want Hy het nie verag of verfoei die ellende van die ellendige en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe dié Hom aangeroep het om hulp. +Van U kom my lof in ʼn groot vergadering; ek sal my geloftes betaal in teenwoordigheid van die wat Hom vrees. +Die sagmoediges sal eet en versadig word; húlle sal die HERE prys wat na Hom soek; mag julle hart vir ewig lewe! +Al die eindes van die aarde sal daaraan drink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies voor u aangesig aanbid. +Want die koninkryk behoort aan die HERE, en Hy heers oor die nasies. +Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel, en hy wat sy siel in die lewe nie kan hou nie. +ʼn Nageslag sal Hom dien; dit sal vertel word van die Here aan die volgende geslag. +Hulle sal aankom en sy geregtigheid verkondig aan die volk wat gebore word; want Hy het dit gedoen.