Vir die musiekleier; op die Gittiet. ʼn psalm van Dawid. o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gele het op die hemele. Uit die mond van die kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontvil, om die vyhand en wraakgierige stil te maak. As ek die hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het- wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? U het hom ʼn weinig minder gemaak as ʼn goddelike wese en hom met eer ne heerlikheid gekroon. U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gesit: skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld; die voëls van die hemel en die visse van die see - wat trek deur die paaie van die see. o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!