En toe Hy die skare sien, het Hy op die berg geklim; en nadat Hy gaan sit het, kom sy disiepels na Hom toe; en Hy het sy mond oopgemaak en hulle geleer en gesê: Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. Salig si die wat treur, want hulle sal vertroos word. Salig si die sagmoediges, want sal die aarde beërwe. Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word. Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien. Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word. Salig is die wat vervolg word terwille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil. Verdly en verherg julle, omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het. Julle is die sout van dei aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Vir niks deug die meer as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie. Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; en 'n mens steek ook nie 'n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en die skyn vir almal wat in die huis is Laat julle lig so skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werkekan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.