Afrikaans-1933/1/28

23 lines
3.0 KiB
Plaintext

Toe roep Isak vir Jakob, en hy seën hom; en hy gee aan hom bevel en met die woorde: Jy mag geen vrou neem uit die dogters van Kanaän nie.
Maak jou klaar gaan na Paddan-Aram, na die huis van Bétuel, juo moeder se vader, en gaan haal vir jou daar ʼn vrou uit die huis van Laban, jou moeder se broer.
En mag God almagtig jou seën en jou vrugbaar maak en jou vermeerder, sodat jy ʼn menigte van volke kan word.
En mag Hy jou gee die seën van Abraham, aan jou en jou nageslag saam met jou, dat jy die land van jou vreemdelingskap in besit kan neem wat God aan Abraham gegee het.
So het Isak Jakob dan weggestuur, en hy het na Paddan-Aram gegaan, na Laban, die seun van Bétuel, die Arameër, die broer van Rebekka die moeder van Jakob en Esau.
Toe Esau sien dat Isak Jakob geseën en hom weggestuur het om daar vir hom ʼn vrou te gaan haal terwyl hy hom geseën en hom bevel gegee het met die woorde: jy mag geen vrou uit die dogters van Kanaän neem nie;
en dat Jakob na sy vader en moeder geluister het om na Paddan-Aram te gaan;
en toe Esau sien dat die dogters van Kanaän sleg was in die oë van sy vader Isak,
het Esau na Ismael gegaan en Máhalat, die dogter van Ismeal, die seun van Abraham, die suster van Nébajot, by sy vroue vir hom as vrou geneem.
En Jakob het uit Berséba vertrek en na Haran gegaan.
Daarop kom hy by ʼn plek waar hy die nag oorgebly het, want die son was al onder. En hy neem een van die klippe van die plek en sit dit onder sy hoof, en hy gaan lê en slaap op dié plek.
En hy het gedroom dat daar ʼn leer op die aarde opgerig is waarvan die boonste punt aan die hemel raak, terwyl die engele van God op en neer klim daarlangs.
En die HERE het daarbo-op gestaan en gesê: Ek is die HERE, die God van jou vader Abraham en die God van Isak. Die land waar jy op lê en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee;
en jou nageslag sal wees soos die stof van die aarde, en jy sal uitbrei na die weste en ooste, en na die noorde en suide; en in jou en jou saad sal al die geslagte van die aarde geseën word.
En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou terugbring in hierdie land. Want Ek sal jou nie velaat nie totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het.
Daarop word Jakob uit sy slaap wakker en sê: Waarlik, die Here is op hierdie plek, en ék het dit nie geweet nie.
En hy het bevrees geword en gesê: Hoe vreeslik is hierdie plek! Dit is hier niks anders as ʼn huis van God nie, en dit is hier die poort van die hemel.
Toe staan Jakob die môre vroeg op en neem die klip wat hy onder sy hoof gesit het, en rig dit as ʼn gedenksteen op; en hy het olie daaroor uitgegiet.
En hy het die plek Bet-el genoem; maar die naam van die stad was vantevoere Lus.
En Jakob het ʼn gelofte gedoen en gesê: As God met my sal wees om my te bewaar op hierdie weg wat ek gaan, en vir my brood sal gee om te eet en klere om aan te trek,
en ek behoue na die huis van my vader sal terugkom, dan sal die HERE my God wees.
En hierdie klip wat ek as gedenksteen opgerig het, sal ʼn huis van God wees, en van alles wat U my gee, sal ek U sekerlik die tiende afstaan.