Afrikaans-1933/19/27

15 lines
1.5 KiB
Plaintext

ʼn Psalm van Dawid. Die HERE is my lig en my heil: vir wie sal ek vrees? Die HERE is die toevlug van my lewe: vir wie sal ek vervaard wees?
As kwaaddoeners teen my naderkom om my vlees te eet - my teëstanders en my vyhande - struikel hulle self en val.
Al word ʼn laer teen my opgeslaan, my hart sal nie vrees nie; al staan ʼn oorlg teen my op, nogtans vertrou ek.
Een dig het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel.
Want hy steek my weg in sy hut in die dag van onheil; Hy verberg my in die skuilplek van sy tent; Hy verhef my op ʼn rots.
En nou sal my hoof hoog wees bo my vyhande rondom my, en ek wil in sy tent offerhandes offer tesame met trompetgeklank; ek wil sing, ja psalmsing die HERE.
Hoor, o HERE, ek roep hard; en wees my genadig en antwood my.
Van U sê my hart: Soek my aangesig! Ek soek u aangesig, o HERE!
Verberg u aangesig nie vir my nie, wys u kneg nie af in toorn nie: U was my hulp! Verstoot en verlaat my nie, o God van my heil!
Want my vader en my moeder het my verlaat, maar die HERE sal my aanneem.
HERE, leer my u weg en lei my op ʼn gelyk pad, om my vyhande ontwil.
Gee my nie oor aan die begeerte van my teëstanders nie, want valse getuie het teen my opgestaan en hy wat geweld uitblaas.
As ek nie geglo het dat ek die goedheid van die HERE sal sien in die land van die lewende nie - dan het ek vergaan.
Wag op die HERE! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja wag op die HERE!