Afrikaans-1933/19/34

24 lines
2.0 KiB
Plaintext

ʼn Psalm van David, toe hy hom kranksinnig gehou het voor Abiméleg en die het hom weggejaag het, sodat hy heengegaan het.
Alef. Ek wil die HERE altyd loof; sy lof sal altyddeur in my mond wees.
Bet. My siel sal hom beroem in die HERE; die sagmoediges sal dit hoor en bly wees.
Gimel. Maak die HERE saam met my groot, en laat ons same in sy Naam verhoog!
Dalet. Ek het die HERE gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered.
He. Hulle het op Hom gesien en gestraal van vreugde, en hulle aangesig hoef nie rooi van skaamte te word nie.
Sajin. Hierdie ellendige het geroep en die HERE het gehoor, en hy het hom uit al sy benoudhede verlos.
Get. Die Engel van die HERE trek ʼn laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.
Tet. Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by hom skuil!
Jod. Vrees die HERE, o sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie.
Kaf. Die jong leeusly aremoede en het honger; maar die wat die HERE soek, het geen gebrek aan enige goed nie.
Lamed. Kom, kinders, luister na my; ek wil julle die vrees van die HERE leer.
Mem. Wie is die man wat lus het in die lewe, wat dae liefhet om die goeie te sien?
Noen. Bewaar jou tong vir wat verkeerd is, en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie.
Samek. Wyk af van wat verkeerd is; soek die vrede en jaag dit na.
Ajin. Die oë van die HERE is op die regverdiges en sy ore tot hulle hulpgeroep.
Pe. Die aangesig van die HERE is teen die kwaaddoeners, om hulle gedagtenis van die aarde uit te roei.
Sade. Hulle roep en die HERE hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede.
Kof. Die HERE is naby die wat gebroke is van hart en Hy verlos die wat verslae is van gees.
Resj. Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom.
Sjin. Hy bewaar al sy bene: nie een daarvan word gebreek nie.
Tau. Die onheil maak die goddelose dood; en die wat die regverdige haat, moet daarvoor boet.
Die HERE verlos die siel van sy knegte; en almal wat by hom skuil, hoef nie te boet nie.