Afrikaans-1933/19/35

29 lines
2.7 KiB
Plaintext

ʼn Pslam van David. HERE, twis met die wat met my twis; bestry die wat my bestry!
Gryp die klein skild en die grote, en staan op as my hulp!
En trek die spies uit en stuit my vervolgers! Sê vir my siel: Ek is jou heil!
Laat hulle beskaamd staan en in die skande kom wat my lewe soek; laat hulle agteruitwyk en rooi van skaamte word wat my ongeluk beraam!
Laat hulle word soos kaf voor die wind, terwyl die Engel van die HERE hulle wegstoot.
Laat hulle weg duister en glipperig wees, tewyl die Engel van die HERE hulle vervolg!
Want Hulle het sonder oorsaak die kuil met hul net vir my verberg, hulle het sonder oorsaak gegrawe teen my lewe.
Laat vervoesting oor hom kom sonder dat hy dit weet, en laat sy net hom vang wat hy gespan het; laat hom darin val met verwoesting!
Maar my siel sal juig in die HERE, dit sal bly wees in sy heil.
Al my bene sal sê: HERE, wie is soos U? U wat die ellendige red van die wat sterker is as hy; ja die ellendige en behoeftiges van sy berower!
Boosaardige getuie staan op; wat ek nie weet nie, vra hulle vir my.
Hulle vergeld my kwaad vir goed: verlatenheid vir my siel.
En ek - toe hulle siek was, het ek ʼn roukleed gedra; ek het my siel gekwel met vas, en my gebed het teruggekeer in my boesem.
Ek het rondgegaan asof dit ʼn vriend, asof dit ʼn broer van my was; ek het gebuk gegaan in die rou soos een wat oor sy moeder treur.
Maar as ek stuikel, is hulle bly en kom bymekaar; hulle vergader teen my, lae mense en die wat ek nie ken nie; hulle belaster sonder ophou.
Onder die roekeloosste tafelspotters kners hulle met hul tande teen my.
Here, hoelank sal U dit aansien? Bring my siel terug van hulle verwoestinge, my enigste van die jong leeus af.
Ek sal U loof in ʼn vergadering; onder ʼn groot skare sal ek U prys.
Laat hulle oor my nie bly wees wat sonder grond my vyhande is nie; laat die wat my sonder oorsaak haat, nie met die oë knik nie!
Want hulle spreek nie van vrede nie, maar hulle bedink bedrieglike woorde teen die stilles in die land.
En hulle maak hul mond wyd oop teen my, hulle sê: Ha, ha, ons oog het dit gesien!
HERE, U het dit gesien, swyg nie. Here, wees nie ver van my af nie!
Ontwaak en word wakker vir my reg; my God en Here, vir my regsaak.
Doen aan my reg na u geregtigheid, HERE my God, en laat hulle oor my nie bly wees nie!
Laat hulle in hul hart nie sê: Ha, ons begeerte! laat hulle nie sê: Ons het hom verslind nie!
Laat hulle beskaamd staan en saam rooi van skaamte word, hulle wat bly is oor my ongeluk; laat hulle met skaamte en skande beklee word wat hul teen my groot maak.
Laat húlle jubel en bly wees wat ʼn behae het in sy geregtigheid; en laat hulle altyddeur sê: Groot is die HERE wat ʼn welbehae het in die vrede van sy kneg!
En my tog sal u geregtigheid prys, u lof die hele dag deur.