Afrikaans-1933/19/37

41 lines
3.7 KiB
Plaintext

ʼn Psalm van Dawid. Alef. Wees nie toornig op kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie;
want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog.
Bet. Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aardeen beoefen getrouheid,
en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.
Gimel. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer;
en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.
Dalet. Swyg voor die HERE en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig is in sy weg, op die man wat listige planne uitvoer nie.
He. Laat staan die toorn en verlaat die grimmiheid; wees nie toornig nie: dit is net om kwaad te doen.
Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word; maar die wat die HERE verwag, hulle sal die aarde besit.
Wau. En nog ʼn klein rukkie en die goddlose sal daar nie wees nie; ja jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie wees nie.
Die sagmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.
Sajin. Die goddelose bedink listige planne teen die regverdige en kners met sy tande teen hom.
Die Here lag vir hom, want Hy sien dat sy dag kom.
Get. Die goddlose het die swaard getrek en hulle boog gespan om die ellendige en behoeftige te laat val, om dié te salg wat opreg is van weg.
Hulle swaard sal in hul hart gaan, en hulle boë sal verbreek word.
Tet. ʼn Klein bietjie is vir die regverdige is beter as die rykdom van baie goddelose;
want die arms van die goddelose sal verbreek word, maar die HERE ondersteun die regverdiges.
Jod. Die HERE ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly.
Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie, en in dae van hongersnood sal hulle versadig word.
Kaf. Maar die goddelose sal omkom en die vyhande van die HERE soos die prag van die weivelde; hulle sal verdwyn, soos rook sal hulle verdwyn.
Lamed. Die goddelose leen en gee nie terug nie, maar die regverdige ontferm hom en gee;
want die wat deur Hom geseën word, sal die aarde besit; maar die wat deur Hom vervloek word, sal uitgeroei word.
Mem. Deur die HERE word die gange van ʼn man bevestig, en Hy het ʼn welbehae in sy weg.
As hy val, dan slaan hy nie neer nie; want die HERE ondersteun sy hand.
Noen. Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie.
Die hele dag ontferm hy hom en leen uit, en sy nageslag is tot seëning.
Samek. Wyk af van wat kwaad is en doen wat goed is, en jy sal ewig woon;
want die HERE het die reg lief en sal sy gunsgenote nie verlaat nie; vir ewig word hulle bewaar, maar die nageslag van die goddelose word uitgeroei.
Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon.
Pe. Die mond van die regverdige verkondig wysheid, en sy tong spreek wat reg is.
Die wet van sy God is in sy hart; sy gange sal nie wankel nie.
Sade. Die goddelose loer op regverdige en soek om hom dood te maak.
Die HERE gee hom nie oor in sy hand nie, en Hy veroordeel hom nie as Hy gerig hou nie.
Kof. Wag op die HERE en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog, om die aarde te besit; jy sal neersien met welgevalle op die uitroeiing van die goddelse mense.
Resj. Ek het die goddelose gesien ʼn geweldenaar, terwyl hy hom uitbrei soos ʼn groen inlandse boom.
Toe gaan een verby, en kyk, hy was nie daar nie; en ek het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie.
Sjin. Let op die vrome en kyk na die opregte, want die einde van dié man sal vrede wees.
Maar die oortreders word tesame verdelg; die goddelose word eindelik uitgeroei.
Tau. Maar die hulp van die regverdiges is van HERE, hulle toevlug in tyd van benoudheid.
En die HERE help hulle en red hulle; Hy red hulle van die goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.