Afrikaans-1933/19/42

13 lines
1.3 KiB
Plaintext

Vir die musiekleier. ʼn Onderwysing van die kinders van Korag.
Soos ʼn hert wat smag na waterstrome so smag my siel na U, o God!
My seil dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?
My trane is my spys dag en nag, omdat hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?
Hieraan wil ek dink en my siel uitstort in my: hoe ek gewoond was om voort te trek met die skare, hulle gelei het na die huis van God, met die stem van jubel en lof - ʼn feesviererende menigte!
Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom loof - die verlossing van sy aangesig!
o My God, my siel buig hom neer in my; daarom dink ek aan U uit die land van die Jordaan en die Hermons, van die klein gebergte af.
Die vloed roep na die vloed by die gedruis van watervalle; al u bare en u golwe het oor my heengegaan.
Maar die HERE sal oor dag sy goedertierenheid gebied, en in die nag sal sy lied by my wees, ʼn gebed tot die God van my lewe.
Ek wil sê tot God: My rots, waarom vergeet U my? waarom gaan ek in die rou deur die vyhand se verdrukking?
Met ʼn doodsteek in my gebeente smaad my teëstanders my as hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?
Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof - die verlossing van my aangesig en my God!