Afrikaans-1933/19/47

11 lines
735 B
Plaintext

Vir die musiekleier. van die kinders van Korag. ʼn Psalm.
Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met ʼn stem van gejubel!
Want die HERE, die Allerhoogste, is gedug, ʼn groot Koning oor die hele aarde.
Hy bring volke onder ons en nasies onder ons voete.
Hy kies vir ons ons erfdeel uit, die trots van Jakob vir wie Hy leifhet. Sela.
God vaar op met gejuig, die HERE met basuingeklank.
Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing ons Koning, paslmsing!
Want God is Koning van die hele aarde; psalmsing met ʼn onderwysing.
God regeer oor die nasies; God sit op sy heilige troon.
Die edeles van die volke het vergader - ʼn volk van die God van Abraham; want aan God behoort die skilde van die aarde. Hoog verhewe is Hy!