Afrikaans-1933/3/3

18 lines
2.2 KiB
Plaintext

En as ʼn dankoffer sy offer is, as hy dit bring van beeste, bul of vers, moet hy dit sonder gebrek voor die aangesig van die HERE bring.
En hy moet sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag by die ingang van die tent van samekoms. En die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
Dan moet hy van die dankoffer ʼn vuuroffer aan die HERE bring; die vet wat oor die binnegoed lê en al die vet wat aan die binnegoed is,
en die twee niere en die vet daarop wat aan die lende is, en die lap aan die lewer-by die niere moet hy dit wegneem.
En die seuns van Aäron moet dit op die altaar aan die brand steek, op die brandoffer wat op die hout, bo-op die vuur is, as ʼn vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
En as sy offer ʼn stuk kleinvee is, as ʼn dankoffer aan die HERE, dan moet hy dit bring sonde gebrek, ram of ooi.
As hy ʼn skaplaam bring as sy offer, moet hy dit voor die aangesig van die HERE bring
en sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag voor die ingang van die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
Daarna moet hy van die dankoffer die vet as vuuroffer aan die HERE bring; die hele vetstert-naby die stuitjie moet hy die wegneem-en die vet wat oor die binnegoed lê en al die vet wat aan die binnegoed is,
en die twee niere en die vet daarop wat aan die lende is, en die lap van die lewer-by die niere moet hy dit wegneem.
En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspyse vir die HERE.
En as sy offer ʼn bok is, moet hy dit voor die aangesig van die HERE bring
en sy hand op die kop daarvan lê en dit slag voor die ingang van die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
Dan moet hy daarvan sy offer as vuuroffer aan die HERE bring; die vet wat oor die binnegoed lê en al die vet wat aan die binnegoed is,
en die twee niere en die vet daarop wat aan die lende is, en die lap van die lewer-by die niere moet hy dit wegneem.
En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspyse vir ʼn lieflike geur. Al die vet behoort aan die HERE.
ʼn Ewige insetting is dit vir julle geslagte in al julle woonplekke: geen vet en geen bloed mag julle eet nie.