Afrikaans-1933/3/7

39 lines
4.9 KiB
Plaintext

En dit is die wet van die skuldoffer: dit is hoogheilig.
Op die plek waar hiulle die brandoffer slag, moet hulle die skuldoffer slaag, en hy moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
En hy moet al die vet daarvan offer: die vetstert en die vet wat oor die binnegoed lê,
en die twee niere en die vet daarop wat aan die lende is, en die lap aan die lewer-by die niere moet hy dit wegneem.
En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuuroffer aan die HERE; dit is ʼn skuldoffer.
Almal wat manlik is onder die priesters mag dit eet. Op ʼn heilige plek mag dit geëet word; dit is hoogheilig.
Soos die sondoffer, so die skuldoffer; een wet geld vir hulle-die priester wat daardeur versoening doen, aan hom kom dit toe.
En die priester wat die brandoffer van iemand bring-die vel van die brandoffer wat hy gebring het, aan die priester, aan hom kom dit toe.
En elke spysoffer wat in die oond gebak word, en alles wat in die pot of in die pan klaargemaak is, aan die priester wat dit offer, aan hom kom dit toe.
En elke spysoffer, met olie gemeng of droog, aan al die seuns van Aäron kom dit toe, aan die een so goed as aan die ander.
En dit is die wet van die dankoffer wat hulle aan die HERE bring:
Ingeval hy dit as lofoffer bring, moet hy by die lofoffer bring: ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk en fynmeel wat as koeke deurgemekaargeroer is, met olie gemeng:
saam met koeke van gesuurde brood moet hy sy offergawe by sy lofdankoffer bring.
En hy moet daarvan, een koek van elke gawe, as die offergawe aan die HERE bring; aan die priester wat die bloed van die dankoffer uitgooi, aan hom kom dit toe.
Maar die vleis van sy lofdankoffer moet geëet word op die dag as hy dit bring; daarvan mag hulle niks tot die môre laat lê nie.
En as die offer wat hy bring ʼn gelofte- of vrywillige offer is, dan moet dit geëet word op die dag as hy sy offer bring; en op die volgende dag, dan kan geëet word wat daarvan oorbly.
Maar wat van die offervleis oorgebly het, moet op die derde dag met vuur verbrand word.
En as daar van die vleis van sy dankoffer op die derde dag iets geëet word, sal dit vir hom wat dit bring, nie met welgevalle aangeneem word nie; dit sal hom nie toegereken word nie; ʼn onrein iets sal dit wees, en die siel wat daarvan eet, moet sy ongeregtigheid dra.
En die vleis wat aan iets onrein raak, mag nie geëet word nie; met vuur moet dit verbrand word. Maar wat verder die vleis betref-elkeen wat rein is, mag vleis eet.
Maar die een wat vleis eet van die dankoffer aan die HERE toekom, terwyl sy onreinheid aan hom is, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
En as iemand iets onreins raak, aan die onreinheid van ʼn mens of aan ʼn onrein dier of aan enige onrein verfoeisel, an dan eet van die vleis van die dankoffer wat die HERE toekom, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê: Geen vet van ʼn bees of skaap of bok mag julle eet nie.
Maar die vet van aas en die vet wat geskeur is, kan vir allerhande werk gebruik word, maar jy mag niks daarvan eet nie.
Want elkeen wat vet eet van die vee waarvan hulle aan die HERE ʼn brandoffer bring, die siel wat dit eet, moet uit sy volksgenote uitgeoi word.
Ook mag julle geen bloed van voëls of van vee in enige van julle woonplekke eet nie.
Elkeen wat maar enigsins bloed eet, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê: Hy wat aan die HERE sy dankoffer bring, moet self aan die HERE die gawe uit sy dankoffer bring;
sy hande moet die vvuroffers van die HERE bring: die vet met die bors moet hy bring; die bors, om dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE te beweeg.
En die priester moet die vet op die altaar aan die brand steek, maar die bors kom Aäron en sy seuns toe.
Julle moet ook die regterbout aan die priester as hefoffer gee uit julle dankoffers.
Hy wat uit die seuns van Aäron die bloed van die dankoffers en die vet offer, aan hom kom die regterbout as deel toe.
Want die beweegoffers en die hefbout het Ek aan die kinders van Iseal uit hulle dankoffers geneem en dit aan Aäron, die priester, en aan sy seuns gegge as ʼn deel wat vir hulle ewig toe kom van die kant van die kinders van Israel.
Dit is ʼn aandeel van Aäron en die aandeel van sy seuns uit die vuuroffers van die HERE, op die dag wat hy hule laat naderkom het om die priesteramp vir die HERE te bedien-
Wat die HERE beveel hetom hulle te gee van die kant van die kinders van Israel, op die dag to Hy hulle gesalf het. Dit is ʼn ewige insetting vir hulle geslagte.
Dit is die wet vir die brandoffer, die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer en die wydingsoffer en die dankoffer
wat die HERE Moses by die berg Síinai beveel het, op die dag to e hy die kinders van Israel in die woestyn Sínai beveel het om hulle offers aan die HERE te bring.