Afrikaans-1933/4/3

52 lines
6.7 KiB
Plaintext

En dit is die namkomelinge van Aäron en Moses op die dag toe die HERE met Moses op die berg Sinai gespreek het.
En dit is die name van die seuns van Aäron: die eersgeborene Nadab, daarna Abíhu, Eleáser en Ítamar.
En dit is die seuns van Aäron, die gesalfde priesters, wat hulle aangestel het om die priesteramp te bedien.
Maar Nadab en Abíhu het gesterwe voor die aangesig van die HERE toe hulle vreemde vuur voor die aangesig van die HERE in die woestyn Sinai gebring het; en hulle het geen kinders gehad nie; maar Eleáser en Ítamar het die priesteramp bedien voor die oë van hulle vader Aäron.
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Laat die stam van Levi daerkom en stel hom voor die preister Aäron, dat hulle hom kan dien.
En hulle moet sy diens waarneem en die diens van die hele vergadering voor die tent van samekoms, mo die diens werk van die tabernakel te verrig.
En hulle moet sorg vir alles wat behoort by die tent van samekoms en vir die diens van die kinders van Israel, om die dienswerk van die tabernakel te verrig.
En jy moet die Leviete aan Aäron en sy seuns gee; hulle is heeltemal aan hom gegee uit die kinders van Israel.
Maar Aäron en sy seuns moet jy aanstel, dat hulle hul priesteramp kan waarneem; en die onbevoegde wat naderkom, moet doodgemaak word.
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Kyk, Ek self het die Leviete geneem onder die kinders van Israel uit in die plek van al die eersgeborenes wat die moederskoot open, uit die kinders van Israel, dat die Leviete myne kan wees.
Want al die eersgeborenes is myne: op die dag wat al die eersgeborenes wat Egipteland getref het, het Ek al die eersgeborenes in Israel vir My geheilig, mense sowel as diere; hulle moet myne wees. EK is die HERE.
En die HERE het met Moses gespreek in die woestyn Sinai en gesê:
Tel al die seuns van Levi volgens hulle famielies, volgens hulle geslagte; almal wat manlik is van ʼn maan oud en daarbo-dié moet jy tel.
En Moses het hulle volgens die bevel van die HERE getel soos dit hom beveel is.
En dit is die seuns van Levi volgens hulle name: Gerson en Kehat en Merári.
En dit is die name van die seuns van Gerson volgens hulle geslagte: Libni en Símeϊ.
En die seuns van Kehat volgens hulle geslagte: Amram en Jishar, hebron en Ússiël.
En die seuns van Merári volgens hulle geslagte: Magli en Musi. Dit is die geslagte van die Leviete volgens hulle famielies.
Aan Gerson behoort die geslag van die Libniete en die geslag van die Simeϊete. Dit is die geslag van die Gersoniete.
Hulle geteldes volgens die getal van almal wat manlik was, van ʼn maand oud en daarbo-hulle getal was sewe duisened vyf honderd.
Die geslagte vand ie Gersoniete moes laer opslaan agter die tabernakel aan die westekant.
En owerste oor die famielie van die Gersoniete moet Éljasaf, die seun van Lael, wees.
En die seuns van Gerson moet by die tent van samekoms versorg: die tabernakel en die tent, sy dekkleed en die beddeking vir die ingang vaan die tent van samekoms;
en die behangsels van die voorhof en die beddeking vir die ingang van die voorhof wat rondom die tabernkel en die altaar is, en sy lyne-alles wat by sy bediening behoort.
En aan Kehat het behoort die geslag van die Amramiete en die geslag van die Jishariete en die geslag vna die Hebroniete en die geslag van die Ússiëliete. Dit is die geslag van die Kohatiete.
Volgens die getal van almal wat manlik is, van ʼn maand oud en daarbo, was daar agt duisend ses honderd wat die diens van die heiligdom waargeneem het.
Die geslagte van die seuns van kohat moet laer opslaan aan die kant van die tabernakel, aan die suidekant.
En owerste oor die famielie van die Kohatiete, moet wees Elísafan, die seun van Ússiël.
En hulle moet versorg: die ark en die tafel en die kandelaar en die altare en die gereedskap van die heiligdom waarmee hulle dien, en die voorhangsel en alles wat by die bediening daarvan behoort.
En die hoof van die owerstes van Levi moet wees Eleáser, die seun van Aäron, die priester. Sy opsig moet wees oor die wat die diens van die heiligdom waarneem.
Aan Merári het behoort die geslag van die Magliete en die geslag van die Musiete. Dit is die geslagte van Merári.
En hulle geteldes volgens die getal van almal wat manlik was, van ʼn maand oud en daarbo, was ses duisend twee honderd.
En die owerste van die famielie vir die geslagte van Merári moet wees Súriël, die seun van Abihail; hulle moet laer opslaan aan die kant van die tabernakel aan die noordekant.
En die opsig van die seuns van Merári-wat hulle te besorg het-moet wees oor die style van die tabernakel en sy dwaarshoute en sy pilare en sy voetstukke en al die gereedskap sowel as die hele diens wat daarby behoort;
en die pilare van die voorhof rondom en hulle voetstukke en hulle penne en hulle lyne.
En die wat voor die tabernakel laer opslaan, aan die oostekant, voor die tent van samekoms, teen sonop, moet wees Moses en Aäron met sy seuns wat die diens vand ie heiligdom waarneem, naamlik die diens vir die kinders van Israel; en die onbevoegde wat naderkom, moet doodgemaak word.
Al die geteldes van die Leviete wat Moses en Aäron volgens die bevel van die HERE, volgens hulle geslagte getel het, almal wat manlik war, van ʼn maand oud en daarbo, was twee en twintig duisend.
En die HERE het die Moses gesê: Tel al die manlike eersgeborenes van die kinders van Israel, van ʼn maand oud en daarbo, en neem die getal van hulle name op.
En jy moet vir My-Ek is die HERE-die Leviete neem in plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die vee van die kinders van Israel.
En Moses het soos die HERE hom beveel het al die eersgeborenes onder die kinders van Israel getel.
En al die manlike eersgeborenes volgens die getal name, van ʼn maand oud en daarbo, volgens hulle geteldes, was twee en twintig duisend twee honderd drie en sewentig.
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Neem die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in plek van hulle vee, sodat die Leviete myne kan wees. Ek is die HERE.
Wat aangaan die loskoping van die twwe honderd drie en sewentig wat oor is bo die Leviete, uit die eersgeborenes van die kinders van Israel,
moet jy vir elke kop vyf sikkels neem volgens die sikkel van die heiligdom moet jy dit neem; die sikkel is twintig gera.
En jy moet die geld van Aäron en sy seuns gee as losprys van die wat onder hulle oor is.
Daarop het Moses die loskoopgeld geneem van wat oor was bo die wat deur die Leviete losgekoop was;
van die eersgeborenes van die kinders van Israel het hy die geld geneem, duisend drie honderd vyf en sestig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom.
En Moses het die loskoopgeld aan Aäron en sy seuns gegee volgens die bevel van die HERE soos die HERE Moses beveel het.