Afrikaans-1933/40/7

30 lines
3.1 KiB
Plaintext

Moenie oordeel nie, sobat julle nie geoordeel mag word nie.
Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broer, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?
Of hoe sal jy vir jou broer sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk!
Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broer uit te haal.
Moenie wat heilig is, vir die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle die nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.
Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
Want elkeen wat bid, ontvang; en die want soek, vind; en vir die wat klop, sal oopgemaak word.
Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, vir hom sal gee?
En as hy ʼn vis vra, vir hom ʼn slang sal gee?
As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes vir julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee vir die wat Hom bid!
Alles wat julle dan wil hê dat doe mense aan julle moet doen-net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die Wet en die Profete.
Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat ne die verderf lei, en baie is deer wat deerdenr ingaan.
Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.
Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere ne julle kom en van dinne roofsngtig wolwe is.
Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ʼn Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distele nie?
So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ʼn slegte doom dra slegte vrugte.
ʼn Goeie doom kan geen slegte vrugte dra nie, en ʼn slegte boom ook geen goeie vrugte nie.
Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.
Nie elkeen wat vir My sê: Here Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
Baie sal vir My in baaraie dag sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uigedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?
En dan sal Ek hulle aansê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die ongeregtigheid werk!
Elkeen wat dan na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ʼn verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.
En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en die het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.
En elkeen wat na hierdie woorde van My luster en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ʼn dwase man wat sy huis op die sand gebou het.
En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en die het geval, en sy val was groot.
En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer;
want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het en nie soos die skrifeleerdes nie.