Afrikaans-1933/2/16

37 lines
5.2 KiB
Plaintext

Toe hulle van Elim af wegtrek, het die hele vergadering van Israel in die woetstyn Sin wat tussen Elim em Sinai lê, op die vyftiende dag van die tweede dag ná hulle uittog uit Egipteland.
En die hele vergadering van die kinders van Israel het teen Moses en Aäron in die woestyn gemurmureer.
En die kinders van Israel het vir hulle gesê: Het ons maar in Egipteland deur die hand van die HEREE gesterwetoe ons by die vleispotte gesit en volop brood geëet het! Want julle het ons in hierdie woestyn uitgelei om hierdie hele vergadering van honger te laat sterwe.
Toe sê die HERE vir Moses: Kyk, Ek sal vir julle brood uit die hemel reën; dan kan die volk uitgaan en die dagmaat van elke dag insamel, sodat Ek hulle kan beproef, of hulle in my wet sal wandel of nie.
En op die sesde dag, as hulle klaarmaak wat hulle inbring, sal dit dubbeld soveel weesas wat hulle dagliks insamel.
Toe sê Moses en Aäron vir die kinders van Israel: Vanaand sal julle weet dat die HERE julle uit Egipteland uitgelei het.
En môre vroeg sal julle die heerlikheid van die HERE sien, omdat hy julle murmureering teen die HEREgehoor het-want wat is ons, dat julle teen ons murmureer.
Daarop sê Moses: Dit sal gebeur as die HERE julle in die aand vleis gee en in die môre volop brood, omdat die HERE julle murmureerings hoor wat julle teen Hom murmureer. Want wat is ons? Julle murmureeringe is nie teen ons nie, maar teen die HERE.
Verder het Moses met Aäron gespreek: Sê vir die hele vergadering van die kinders van Israel: Kom nader voor die aangesig van die HERE, want Hy het julle murmureeringe gehoor.
En onderwyl Aäron die hele vergadering van die kinders van Israel toespreek, draai hulle na die woestyn toe en meetens verskyn die heerlikheid van die HERE in die volk .
Ook het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Ek het die murmureeringe van die kinders van Israel gehoor; spreek met hulle en sê: Teen die aand sal julle vleis eet en in die môre met brood versadig word; en julle sal weet dat EK die HERE julle God is.
En in die aand het daar kwartels opgekom en die laer oordek, en in die môre was daar ʼn doulaag rondom die laer.
En nadat die doulaag opgetrek het, het daar oor die woestyn iets gelê wat fyn en korrelrig, fyn soos ryp op die grond.
Toe die kinders van Israel dit sien, sê hulle vir mekaar: Wat is dit? Want hulle het nie geweet wat dit is nie. Daarop sê Moses vir hulle: Dit is die brood wat die HERE julle gee om te eet.
Dit is die saak wat die HERE beveel het: Samel daarvan in elkeen na sy behoefte: ʼn gomer vir elke persoon volgens julle sieletal; elkeen moet neem vir die wat in sy tent is.
En die kinders van Israel het so gedoen: hulle het ingesamel, die een baie en die ander min.
Maar toe hulle dit met die gomer meet, het hy wat baie ingesamel het, niks oor gehad nie; en hy wat min ingesamel het, nie te min nie. Elkeen na sy behoefte het hulle ingesamel.
En Moses het vir hulle gesê: Niemand moet daarvan laat oorbly tot môre toe nie.
Maar hulle het nie na Moses geluister nie: sommige van hulle het daarvan laat oorbly tot die môre toe. Toe kom daar wurms in en dit bederwe. Daarom het Moses baie kwaad geword vir hulle.
En hulle het dit môre vir môre ingesamel, elkeen na sy behoefte; en as die son warm geword het dan smelt dit weg.
En op die sesde dag het hulle ʼn dubbele porsie brood ingesamel, twee gomers vir een. En al die owerstes van die vergadering het gekom en dit aan Moses vertel.
Toe sê hy vir hulle: Dit is wat die HERE gespreek het: Môre is dit rusdag ʼn heilige rusdag van die HERE. Wat julle wil bak, bak dit; en wat julle wil kook, kook dit; en berê vir julle alles wat oor is, om dit te bewaar tot die môre toe.
En hulle het dit gebêre tot die môre toe soos Moses beveel het; en dit het nie bederwe nie, en daar het geen wurms in gekom het nie.
Toe sê Moses: Eet dit vandag, want dit is vandag die sabbat van die HERE. Vandag sal julle dit nie in die veld kry nie.
Ses dae lank moet julle dit insamel, maar op die sewende dag is dit sabbat, dan sal daar nie wees nie.
En op die sewende dag het van die mense uitgegaan om in te samel, maar hulle het niks gekry nie.
Toe sê die HERE vir Moses: Hoelank weier julle om my wette en my gebooie te onderhou?
Kyk, omdat die HERE julle die sabbat gegee het, daarom gee Hy julle op die sesde dag brood vir twee dae. Laat elkeen bly waar hy is; laat niemad op die sewende dag van sy woonplek af weggaan nie.
So het die volk dan op die sewende dag gerus.
En die kinders van Israel het dit MAN genoem. En dit was wit soos koljander saad, en dit het gesmaak soos heuningkoek.
Verder het Moses gesê: Dit is die saak wat die HERE beveel het: ʼn Gomer vol moet daarvan bewaar word vir julle geslagte, dat hulle die brood kan sien wat Ek julle in die woestyn laat eet het, toe Ek julle uit Egipteland uitgelei het.
Moses sê toe vir Aäron: Neem ʼn kruik en gooi ʼn gomer vol manna daarin, en sit dit voor die aangesig van die HERE neer, om dit vir hulle geslagte te bewaar.
Soos die HERE Moses beveel het, so het Aäron voor die Getuienis neergesit om bewaar te word.
En die kinders van Israel het die manna veertig jaar lank geëet totdat hulle in ʼn bewoonde land gekom het. Die manna het hulle geëet totdat hulle by die grens van die land Kanaän gekom het.
En ʼn gomer is die tiende van ʼn efa.