Afrikaans-1933/2/21

37 lines
4.2 KiB
Plaintext

En dit is die verordeninge wat jy hulle moet voorhou:
As jy ʼn Hebreuse slaaf koop, moet hy ses jaar lank dien, maar in die sewende jaar moet hy as ʼn vryman verniet weggaan.
As hy alleen kom, moet hy alleen vrygelaat word; as hy getroud was, dan moet sy vrou saam met hom vrygelaat word.
As sy heer aan hom ʼn vrou gee, en sy vir hom seuns of dogters baar, dan moet die vrou met haar kinders haar heer se eiendom wees terwyl hy alleen vrygelaat word.
Maar as die slaaf reguit sê: Ek het my heer, my vrou en my kinders lief; ek wilnie as vryman weggaan-
dan moet sy heer hom na die owerhede bring en hom by die deur van die deurpos bring; en sy heer moet sy oor met ʼn els deurboor; daarna moet hy hom vir altyd dien.
En as iemand sy dogter as slavin verkoop, dan mag sy nie soos slawe weggaan nie.
As sleg beval in die oë van haar heer wat haar vir homself bestem het, dan moet hy haar laat loskoop. H is nie geregtig om haar aan ʼn vreemde volk te verkoop nie, omdat hy troueloos met haar gehandel het
Mar as hy vir haar sy seun bestem, dan moet hy vir haar handel volgens die reg van dogters;
as hy vir hom ʼn ander een neem, mag hy haar voedsel, haar klere en haar huweliksgemeenskap nie verminder nie.
En as hy hierdie drie dinge nie vir haar doen nie, dan kan sy verniet weggaan, sonder geld.
Hy wat ʼn mens slaan, dat hy sterwe, moet sekerlik doodgemaak word.
Maarashy dit daar nie toegelê het nie, maar God dit sy hand laat onmoet het, dan sal Ek jou ʼn plek aanwys waarheen hy kan vlug.
Maar as iemand moedswillig teen sy naaste handel, om hom met lis dood te maak, dan moet jy hom van my altaar af wegneem, dat hy kan sterwe.
En hy wat sy vader of sy moeder doodslaan, moet sekerlik doodgemaak word.
En hy wat ʼn mens steel en hom verkoop-of as hy in sy besit gevind word-dié moet sekerlik doodgemaak.
En hy wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik doodgemaak word.
En as manne twis en die een die ander slaan met die klip of met die vuis, sodat hy nie sterwe nie, maar bedleênd word-
as hy weer opstaan en buite met sy stok rondloop, dan moet hy wat geslaan het, ongestraf het; net sy tydverlies moet hy vergoed en sorg dat hy heeltemal gesond word.
En as ʼn iemand sy slaaf of slavin met ʼn stok slaan, dat hy onder sy hand sterwe, dan moet dit sekerlik gewreek word.
Maar as hy een of twee dae aan't lewe bly, moet dit nie gewreek word nie, want hy is sy eiendom.
En as manne so met mekaar veg en ʼn swanger vrou stamp, dat haar vrug afgaan, maar daar geen ander letsel is nie, moet hy sekerlik boete betaal soos die man van die vrou hom dit oplê, en hy moet dit deur skeidsregters gee.
Maar is daar ʼn letsel, dan moet hy gee, lewe vir lewe,
oog vir oog, tand vir tand, handvir hand, voet vir voet,
brandplek vir brandplek, wond vir wond, kwesplek vir kwesplek.
En as iemand sy slaaf of slavin op die oog slaan, en hy dit beskadig, moet hy hom laat vrygaan vir sy oog.
En as hy die tand van sy slaaf of slavin uitslaan, moet hy hom vry laat weggaan vir sy tand.
En as ʼn bees ʼn man of ʼn vrou stoot, sodat hy sterwe, moet die bees sekerlik gestenig word; en sy vleis mag nie geëet word nie, maar die baas van die bees sal ongestraf bly.
Maar die bees tevore al stoterig was, en sy baas gewaarsku was, maar dit nie opgepas het nie, en dit ʼn man of ʼn vrou doodmaak, moet die bees gestenig word, en sy baas moet ook doodgemaak word.
As daar losgeld hom opgelê word, dan moet hy vir die lossing van sy lewe alles gee wat hom opgelê word.
Of dit ʼn seun gestoot het of ʼn dogter, volgens hierdie reg moet met hom gehandel word.
As die bees ʼn slaaf of ʼn slavin stoot, moet hy aan hulle heer dertig sikkels silwer gee, en die bees moet gestenig word.
En as iemand ʼn out oopmaak, of as iemand ʼn put grawe en dit nie toemaak nie, en ʼn bees of esel val daarin,
dan moet die eienaar van die put vergoeding gee: hy moet aan die baas daarvan geld gee, maar die dooie dier moet syne wees.
En as iemand se bees die bees van ʼn ander stoot, sodat dit sterwe, dan moet hulle die lewendige bees verkoop en die geld daarvan verdeel; en die dooie een moet hulle ook verdeel.
Of as dit bekend was dat die bees tevore al stoterig gewees het, en sy baas dit nie opgepas het nie, dan moet hy ten volle bees vir bees vergoed; baar die dooie een moet syne wees.