Afrikaans-1933/2/24

19 lines
2.4 KiB
Plaintext

Daarna het Hy vir Moses gesê: Klim na die HERE toe op jy en Aäron, Nadab en Abíhu en sewentig van die oudstes van Israel, en buig julle neer van ver af.
En laat Moses aleen nader kom na die HERE toe, maar julle moenie naderkom nie; en die volk mag nie saam met hom opklim nie.
Toe Moses kom en aan die volk al die woorde vna die HERE en die verordeninge vertel, aantwoord die hele volk saam en sê: Al die woorde wat die HERE gespreek het, sal ons doen.
En Moses het al die worde van die HERE opgeskrywe en die môre vroeg hom klaar gemaak en onder die berg ʼn altaar gebou en twaalf gedenkstene volgens die twaalf stamme van Israel.
En die jongelinge van die kinders van Israel gestuur; dié het brandoffers en geoffer en as dankoffers bulle vir die HERE geslag.
En Moses het die helfte van die bloed geneem en dit in komme gegooi en die helfte van die bloed op die altaar uitgespat.
En hy het die boek van die verbon geneem en dit in die ore van die volk gelees. En hulle het gesê: Alles wat die HERE hespreek het, sal ons doen en daarna luister.
Toe neem Moses die bloed en gooi dit uit op die volk en sê: Dit is die bloed van die verbond wat die HERE met julle gemaak het opgrond van al hierdie woorde.
Daarop het Moses opgeklim met Aäron en Nadab en Abíhu en sewentig van die oudstes van Israel.
EN hulle het GOd van Israel gesien, en onder sy voete net soos ʼn vloerwerk van saffierstene en so helder as die hemel self.
Maar Hy het sy hand nie na die uitgesoektes van Israel uitgestrek nie, en hulle het God aanskou; daarop het hulle geëet en gedrink.
Toe sê die Here vir Moses: Klim op die berg na My toe en vertoef daar, dat Ek jou die kliptaffels kan gee en die wet en gebooie wat EK geskryf het om hulle te onderrig.
Hierop het Moses klaar gemaak en Joshua, sy dienaar. En Moses het op die berg van God geklim.
en vir die oudste gesê: Wag hier vir ons tot ons na julle terug kom. En kyk, Aäron en Hur is by julle; wie regsake het, kan na hulle gaan.
Toe Moses op die berg klim, het ʼn wolk die berg oordek.
En die heerlikheid van die HERE het op die berg Sinaigebly, en die wolk het dit ses dae lank oordek. EN op die sewende dag het Hy na MMoses geroep uit die wolk.
En die verskyning van die HERE se heerlikheid was in die oë van die kinders van Israel soos ʼn verterende vuur op die top van die berg.
En Moses het binne-in die wolk ingegaan en op die berg geklim. En Moses was op die berg veertig dae en veertig nagte.