Afrikaans-1933/2/25

41 lines
4.3 KiB
Plaintext

Toe het die Here met Moses gespreek en gesê:
Sê vir die kinders van Israel dat hulle My ʼn offrgwe moet bring; van elkeen wie se hart hom andrywe, moet julle my offergawe bring.
En dit is die offergawe wat julle van hulle kant moet bring: goud en silwer en koper;
en pers en purperrooi an bloedrooi stowe en fyn linne an bokhare;
en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle en akasiahout;
olie vir die kandelaar, speserye vir die salf-olie en vir die reukwerk van speserye;
onikstene en stene om in te lê vir die skouerkleed en die borstas.
Ook moet hulle vir My ʼn heiligdom maak, dat Ek onder hulle kan woon.
Volgens alles vat Ek jou laat sien-die voorbeeld van die tabernakel en die voorbeld van alles wat daarby behoort-so moet julle dit maak.
Hulle moet dan ʼn ark van akasiahout maak, twee en ʼn halwe el moet sy lengte wee, en ʼn el en ʼn half sy breedte, en ʼn el en ʼn half sy hoogte wees.
En jy moet dit oortrek met suiwer goud, van binne en van buite moet jy dit oortrek. En jy moet daaraan ʼn goue krans maak rondom.
En giet daarvoor vier goue ringe, en sit dit aan sy vier voete vas, sό dat twee ringe en die een kant en twee ringe aan die ander kant is.
En maak draaghoute van akasiahout en oortrek dit met goud.
En steek die draaghout in die ringe aan weerskante van ide ark om die ark daarmee te dra.
Die draaghoute van akasiahoute in die ringe van die ark bly; hulle mag daar nie uit weggeneem word nie.
Daarna moet jy in die ark die Getuienis sit wat Ek aan jou sal gee.
Maak ook ʼn versoendeksel van suiwer goud. Twee en ʼn halwe el moet sy lengte, en ʼn el en ʼn half sy breedte wees.
Maak ook twee gérubs van goud. Van dryfwerk moet jy hulle maak, aan twee ente van die versoendeksel.
En maak een gérub aan die een ent en een géerub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, moet julle die gérubs maak, aan die twee ente.
En die géerubs moet die vlerke boontow uitgesprei hou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle gesigte moet na mekaar toe wees; die gesigte van die gérubs moet op die versoendeksel gerig wees.
En sit die versoendeksel bo-op die ark; maar in die ark moet jy die Getuienis neerlê wat Ek aan jou sal gee.
En daar sal Ek met jou saamkom, en van die versoendeksel af, tussen die twee gérubs uit wat op die ark van die getuienis is, sal Ek jou sê alles wat Ek jou vir die kinders van Israel sal beveel.
Maak ook ʼn tafel van akasiahout. Twee el moet sy lengte, en ʼn el sy breedte, en ʼn el en ʼn half dy hoogte wees.
En trek dit oor met suiwer goud, en maak daarvoor ʼn goue krans rondom.
Maak daarvoor ook ʼn lys van ʼn handbreed rondom; en maak ʼn goue kraans vir die lys rondom.
En maak daar vier goue ringe voor, en sit die ringe vas aan die vier hoeke van die vier pote.
Naby die lys moet die ringe wees as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra.
En maak die draaghout van akasiahout, en trek dit oor met goud; daarmee moet dan die tafel gedra word.
Maak ook sy skottels en sy rookpanne en sy kanne en sy bekers waarmee gegiet moet word; van suiwer goud moet jy dit maak.
En op die tafel moet jy altyddeur toonbrood voor my aangesig neersit.
maak ook ʼn kandelaar van suiwer goud. Van dryfwerk moet die kandelaar, sy voetstuk en sy stam gemaak word; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme moet, daarmee saam, uit een stuk wees.
En ses arms moet uit die sykante daarvan uitgaan: drie arms was die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit die ander kant.
Drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, ʼn knop en ʼn blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm , ʼn knop en ʼn blom-so moet dit wees aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.
Maar aan die kandelaar self moet vier kelkies soos amandelblomme wees, met knoppe en blomme:
daar moet ʼn knop wees onder die erste paar arms wat daaruit uitgaan; en ʼn knop onder die tweede paar arms was daaruit uitgaan; en ʼn knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan-aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.
HUlle knoppe en hulle arms moet, daarmee saam, uit een stuk wees-alles saam een stuk dryfwerk van suiwer goud.
Jy moet ook sewe lampe daarvoor maak, en hulle moet sy lampe opsteek en die lig daarteenoor laat val aan die voorkant.
Sy snuiters en sy bakkies moet van suiwer goud wees.
Van ʼn talent suiwer goud moet hulle dit maak-al hierdie voorwerpe.
En kyk dat jy dit maak volgens die voorbeld daarvan wat jou op die berg getoon is.