Afrikaans-1933/2/26

38 lines
4.7 KiB
Plaintext

En die atbernakel moet jy van tien tentdoeke maak, van fyn dubbeldraad-inne, en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, met gérubs; as kunstige werk moet jy dit maak.
Die lengte van elke tentdoek moet agt en twintig el wees en die breedte van elke tentdoek vier el. Al die tenthoeke moet een maat hê.
Vyf van die tentdoeke moet aanmekaar gewerk wees, die een aan die ander. En weer vyf tentdoeke aanmekaar, die een aan die ander.
En jy moet lissies van pers stof maak aan die soom van die buitenste tentdoek van die een stel. En so moet jy dit maak aan die soom van die laaste tentdoek van die twede stel.
Vyftig lissies moet jy aan die een tentdoek maak, en vyftig lissies moet jy maak aan die rand van die tentdoek wat aan die twede stel behoort. Die lissies moet die een teenoor di eander wees.
Jy moet ook vyftig goue hakies maak en die tentdoeke saamvoeg met die hakies, die een aan die ander, sodat die tabernakel een geheel is.
Ook moet jy doeke van bokhare maak as ʼn tentseil oor die tabernakel: elf tentdoeke moet jy dit maak.
Die lengte van elke tentdoek moet dertig el wees en die breedte van elke tentdoek vier el: die elfe tentdoeke moet een maat hê.
En jy moet vyf van die tentdoeke besonders aanmekaar werk en ses van ide tentdoeke besonders. En die sesde tentdoek moet jy dubbel vou, aan die voorkant van die tent.
En jy moet vyftig issies maak aan die soom van elke tentdoek van een stel, en vyftig lissies aan die soom van die laaste tentdoek van die ander stel.
Jy moet vyfitg koperhakies maak, en die hakies in die lissies steek; en jy moet die tent saamvoeg, sodat dit een geheel is.
En wat betref die oorhangende gedeelte aan die tentdoek wat oorskiet, moet oorhang aan die agterkant van die tabernakel.
En die el wat aan weerskante oorskiet in die lengte van die tentdoeke, moet oorhang aan die sykante van ide tabernakel, aan weerskante, om dit te oordek.
Jy moet ook vir die tent ʼn dekkleed van rooigeferfde ramsvelle maak, en ʼn dekkleed van robbevelle daarbo-oor.
Jy moet ook vir die tabernakel die regopstaande style van akasiahout maak.
Die lengte van die styl moet tien el wees, en ʼn el en ʼn half die breedte van elke styl.
Elke styl moet twee tappe hê wat mekaar verbind is. So moet jy dit maak vir al die style van die tabernakel.
En die style vir die tabernakel moet jy maak; twintig style aan die suidekant, na die suide toe.
Jy moet ook veertig silwervoetstukke onder die twintig style maak; twee voetstukke onder die een styl vir sy twee tappe en twee voetstukke onder die ander styl vir sy twee tappe.
En vir die ander sykant van die tabernakel, aan die noordekant, twintig style
met veertig silwervoetstukke; twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.
En vir die agterkant van die tabernakel, teen die weste, moet jy ses style maak.
Ook moet jy twwe style maak vir die hoeke van die tabernakel, aan die agterkant.
En hulle moet van onder dubbeld wees, en net so moet hulle bo dubbeld wees tot by die eerste ring. So moet dit met altwee wees; hulle moet die twee hoeke vorm.
So moet daar dan agt style wees met hulle silwervoetstukke; sestien voetstukke; twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.
Jy moet ook dwarshoute van akasiahout maak: vyf vir die style van die een sykant die tabernakel
en vyf dwarshoute vir die style van die ander sykant van die tabernakel teen die weste.
En die middelste dwarshout moet in die middel van die style oordwars loop, van die een ent na die ander.
En jy moet die style met goud oortrek; en hulle ringe, as plekke vir die dwarshoute, moet jy van goud maak. Die dwarshoute moet jy ook met goud oortrek.
So moet jy dan die tabernakel oprig volgens die plan wat jou op die berg getoon is.
Verder moet jy ʼn voorhangsel maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. As kunstige werk moet hulle dit maak, met gérubs.
En jy meot dit ophang aan vier pilare van akasiahout wat met goud oorgetrek is, en ook kramme van goud het en op vier silwervoetstukke staan.
En jy meot die voorhangsel onder die hakies ophang; en bring die ark van die Getuienis daar, binnekant die voorhangsel. En die voorhangsel moet vir julle ʼn skeiding maak tussen die Heilige en die Allerheiligste.
En jy meot die versoendeksel op die ark van Getuienis neerlê in die Allerheiligste.
En die tafel buitekant die voorhangsel, en die kandelaar tenoor die tafel aan die suidekant van die tabernakel. Maar die tafel moet jy aan die noordekant sit.
Jy moet ook vir die ingang van die tent ʼn bedeking maak van pers en pruperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk.
En maak vir die bedekking vyf pilare van akasiahout, en trek hulle oor met goud; hulle kramme moet ook van goud wees; en jy moet daarvoor vyf kopervoetstukke giet.