Afrikaans-1933/2/28

44 lines
6.2 KiB
Plaintext

Dan moet jý jou broer Aäron, en sy seuns saam met hom, uit die kinders van Israel, laat nader kom na jou toe, dat hy vir my die priesterkamp kan bedien: Aäron, Nadab, Abíhu, Eleásar, en Ítamaar, die seuns van Aäron.
En jy moet vir jou broer Aäron heilige klere maak, tot eer en sieraad.
Jý moet ook spreek met almal wat kunsvaardig is, wat Ek met die gees van wysheid vervul het, dat hulle vir Aäron klere maak, om hom te heilig, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.
En dit is die klerewat hulle moet maak: ʼn borstas en ʼn skouerkleed en ʼn mantel en ʼn kunstig bewerkte rok, ʼn tulband en ʼn gordel; so moet hulle dan vir Aäron jou broer, heilige klere maak, en vir sy seuns, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.
En hulle moet die goud en die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne neem.
En hulle moet die skouerkleed maak van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, as kunstige werk.
Dit moet twee skouerstukke hê wat aanmekaar vas is; aan die twe bo-ente moat dit saamgevoeg word.
En die band wat daaraan is om dit vas te bind, moet van die selfde werk, en daarmee saam, uit een stuk wees, van goud, pers en purperroi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.
En jy moet twee oniksstene neem en die name van die seuns van Israel daarop graveer:
ses van dié name op die een steen en die ses orige name op die ander steen volgens hulle geboortes.
Met graveerwerk, soos op ʼn seëlsteen uitgesny word, moet jy twee stene graveer volgens die seuns van Israel. Jy moet hulle maak, dat hulle vassit in kassies van goud.
En jy moet die twee stene op die skouerstukke van die skouerkleed vassit as gedagtenisstene aan die kinders van Israel-Aäron moet hulle name op sy twee skouers dra voor die angesig van die HERE om hulle in gedagtenis te bring.
Dan moet jy kassies van goud maak
en twee kettings van suiwer goud; gedraai soos toutjies moet jy hulle maak; en maak die kettings, soos toutjies gedraai, aan die kassies vas.
Jy moet ook die borstas van beslissing maak van kunstige werk; soos die werk van die skouerkleed moet jy dit maak; van goud, pers, en purperrooi en bloedrooi stowwe en van fyn dubbeldraad-linne moet jy dit maak.
Vierkantig moet dit wees en dubbeld gevou; ʼn span sy lengte en ʼn span sy breedte.
En voorsien dit met ʼn steen-invulling van vier rye stene; ʼn ry met ʼn karneool, ʼn topaas en ʼn smarag moet die eerste ry wees.
En die tweede ry: ʼn karbonkel, ʼn saffier en ʼn jaspis.
En die derde ry: ʼn hiasint, ʼn agaat en ʼn ametis.
En die vierde ry: ʼn chrisoliet en ʼn oniks en ʼn sardoniks. Hulle moet in goud vasgesit wees by hulle invulling.
En die stene moet volgens die seuns van Israel twaalf wees, volgens hulle name. Soos op ʼn seëlsteen uitgesny word, moet hulle vir twaalf stamme wees, elkeen volgens sy naam.
Jy meot ook by die borstas gedraaide kettings, soos toutjies gedraai, van suiwer goud maak.
En maak die borstas twee goue ringe; en sit die twee goue ringe aan die bo-ente van die borstas vas,
en maak die twee goue toutjies aan die twee ringe vas, aan die bo-ente van dieborstas;
en maak die andre ente van die toutjies vas aan die twee kassies, en sit dít dan vas aan die skouerstukke van die skouer kleed, aan die voorkant daarvan.
Jy moet ook twee goue ringe maak, en sit dit aan die twee onder-ente van die borstas vas, aan die kant wat teen die skouerkleed aanlê, aan die binnekant.
En maak twee goue ringe, en sit dit vas aan die twee skouerstukkevan die skouerkleed, onderaan, aan die voorkant daarvan, by sy verbinding, bo die band van die skouerkleed.
En hulle moet die borstas met sy ringe aan die ringe van die skouerkleed met ʼn pers toutjie vasbind, so dat dit bo die band van die skouerkleed is, en die borstas nie van die skouerkleed afskuiwe nie.
So moet Aäron dan die name van die seuns van Israel aan die borstas van die beslissing op sy hart dra as hy in di heiligdom ingaan, om hulle in gedagtenis te bring voor die aangesig van die HERE gedurigdeur.
Jy moet ook in die borstas van besilissing die Urim en Tummim sit, dat hulle op die hart van Aäron kan wees as hy voor die aangesig van die HERE ingaan. So moet Aäron dan die beslissingvir die kinders van Israel gedurigdeur op sy hart dra voor die aangesig van die HERE.
En jy moet die mantel van die skouerkleed heeltemal van pers stof maak.
En die opening vir die hoof moet in die middel daarvan wees. Rondom die opening moet ʼn soom van wewerswerk wees. Soos die openingvan ʼn pantser moet die daaraan wees, dat dit nie kan skeur nie.
En maak aan die soom daarvan granaatjiesvan pers en purperrooi rn bloedrooi stowwe, aan die soom daarvan rondom; en daar tussenin goue klokkies rondom;
ʼn goue klokkie en ʼn granaatjie, ʼn goue klokkie en ʼn granaatjie, aan die soom van die mantel rondom.
En Aäron moet dit aanhê om te kan dien; sodat die geluid daarvan gehoor word as hy in die heiligdom, voor die aangesig van die HERE, ingaan en as hy daar uitgaan, dat hy nie sterwe nie.
Verder moet jy ʼn plaat van suiwer goud maak graveer, soos op ʼn seëlsteen uitgesny word: HEILIG AAN DIE HERE.
En maak dit vas aan ʼn pers toutjie, sodat dit aan die tulband kan wess; aan die voorkant van die tulband moet dit wees.
So moet dit dan op die voorhoof van Aäron wees, sodat Aäron kan dra die tekortkominge met betrekking tot die heilige dinge wat die kinders van Israel sal heilig-al hulle heilige gawes. En dit moet gedeurigedeur op sy voorhoof wees, dat hulle voor die aangesig van die HERE welgevalle mag vind.
Jy moet ook die rok van fyn linne kunstig bewerk. Jy moet ook ʼn tulband van fyn linne maak, en ʼn gordel moet jy van veelkleurige werk werk maak.
En maak rokke vir die seuns van Aäron, en maak vir hulle gordels. Ook moet jy vir hulle musse maak, tot eer van die sieraad.
En trek dit jou broer Aäron en sy seuns saam met hom aan. En salf hulle en stel hulle aan en heilig hulle, sodat hulle vir My die priesteramp kan bedien.
Maak ook vir hulle linnebroeke om die vlees van die skaamte te bedek. Dit moet van die heupe tot by die dye wees.
En Aäron en sy seuns moet dit aanhê as hulle in die tent van samekoms gaan, of as hulle naderkom na die altaar om in die heiligdom te dien, sodat hulle geen skuld op hulle laai en sterwe nie. Dit is ʼn ewige insetting vir hom en vir sy nageslag ná hom.