Afrikaans-1933/2/29

47 lines
6.1 KiB
Plaintext

En dit is die saak wat jy vir hulle moet doen om hulle te heilig, dat hulle vir My die priesteramp kan bedien: Neem een jong bul en twee ramme wat sonder gebrek is;
en ongesuurde brood en ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie betryk. Van fyn koringmeel moet jy die maak.
En sit dit in een maandjie, en bring dit aan die maandjie saam met die bul en die twee ramme.
Dan moet jy Aäronen sy seuns laat naderkom na die ingang van die tent van samekoms en hulle met water was.
En neem die klere en beklee Aäron met die rok en die mantel van die skouerkleed en die skouerkleed slef en die borstas, en bindhom die band van die skouerkleed om.
En sit die tulband op sy hoof, en maak die heilige kroon aan die tulband vas.
Neem dan die salf-olie en giet dit op sy hoof en salf hom.
Ook sy seuns moet jy laat naderkom, en laat hulle die rokke aantrek,
en omgord hulle met die gordel, Aäron en sy seuns, en bind hulle musse om, dat hulle die priesteramp kan besit as ʼn ewige insetting. So moet jy dan Aäron en sy seuns as priesters aanstel.
En jy moet die bul aanbring voor die tent van samekoms; en Aäron en sy seuns moet hulle hande op die kop van die bul lê.
En slag die bul; voor die aangesig van die HERE , by die ingang van die tent van samekoms.
Dan moet jy van die bloed van die bul neem en dit met jou vinger stryk aan die horings van die altaar; en al die orige bloed moet jy uitgiet aan die onderkant van die altaar.
En neem al die vet wat oor die binnegoed is, en die lap aan die lewer en die twee niere en die vet wat daaraan is, en steek dit aan die brand op die altaar.
Maar die vleis van die bul en sy vel en sy mis moet jy buitekant die laer met vuur verbrand. Dit is ʼn sondoffer.
Neem dan die een ram, en Aäron en sy seuns moet hulle hande op die ram se kop lê;
daarna moet jy die ram slag en sy bloed neem en dit rondom teen die altaar uitgooi.
En die ram moet jy in stukke verdeel, en was sy binnegoed en sy pote en sit dit by die orige stuke en by die kop.
Jy moet dan die hele ram op die altaar aan die brand steek. Dit is ʼn brandoffer aan die HERE; ʼn lieflike geur, ʼn vuuroffer is dit aan die HERE.
Dan moet jy die ander ram neem, en Aäron en sy seuns moet hulle hande op die ram se kop lê;
jy moet dan die ram slag en van dy bloed neem en dit stryk aan die regter oorlap van Aäron en die regter oorlap van sy seuns; ook aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regter voet. En die orige bloed moet jy rondom teen die altaar uitgooi.
Dan moet jy van die bloed wat aan die altaar is, neem en van die slaf-olie en dit sprinkel op Aäron en op sy klere sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns; dat hy heilig kan wees en sy klere sowel as sy seuns en die klere van sy seuns.
En neem van die ram die vet en die vetster, ook die vet wat oor die binnegoed is, en die lap aan die lewer en die twee niere met die vet wat daaraan is, en die regterboud-want dit is ʼn wydingsram-
en een ronde brood en een oliebroodkoek en een platkoek, uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die aangesig van die HERE is.
En sit dit alles op die hande van Aäron en die hande van sy seuns, en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE.
Neem dit dan uit hulle hand en steek dit op die altaar aan die brand, bo-op die brandoffer, as lieflike geur voor die aangesig van die HERE. Dit is ʼn vuuroffer aan die HERE.
En neem die bors van die wydingsram van Aäron en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE; daarna moet dit jou deel wees.
En jy moet die bors van die beweegoffer heilig en die bout hefoffer wat beweeg en gehef is van die wydingsram van Aäron en sy seuns.
En dit moet vir Aäron en vir sy seuns wees ʼn vir altyd bestemde deel van die kant van die kinders van Israel, want dit is ʼn hefoffer; en dit sal ʼn hefoffer wees van die kant van die kinders van Israel, van hulle dankoffers-hulle hefoffer aan die HERE.
En die heilige klere van Aäron moet sy seuns ná hom kry om hulle daarin te salf en as priesters aan te stel.
Die een van sy seuns wat in sy plek priester word, wat in die tent van samekoms sal ingaan om in die heiligdom te dien, moet dit sewe dae lank antrek.
En jy meot die wydingsram neem en sy vleis in ʼn heilige plek kook.
Dan moet Aäron en sy seuns die ram se vleis eet en die brood wat in die mandjie is, by die ingang van die tent van samekoms.
Hulle moet die dinge eet waarmee versoening bewerk is toe hulle as priesters aangestel en geheilig is; maar ʼn onbevoegde mag daarvan nie eet nie; want dit is heilig.
En as daar van die vleis van die wydingsoffer of van die brood tot die môre toe oorbly, moet jy wat oor is, met vuur verbrand; die mag nie geëet word nie, want dit is heilig.
So moet jy dan met Aäron en sy seuns doen ent soos Ek jou beveel het. Sewe dae lank moet hulle wyding duur.
Jy moet ook dagliks ʼn sondofferbul klaarmaak en die altaar ontsondig deur daaop versoening te doen; en jy moet dit salf om dit te heilig.
Sewe dae lank moet jy versoening doen oor die altaar en dit heilig. so sal dan die altaar hoogheilig word: alles wat aan dit raak, word heilig.
En dit is wat jy op die altaar moet klaarmaak: twee jaaroud-lammers gereeld elke dag.
Die een lam moet jy in die môre berei, en die ander lam moet jy teen die aand berei,
met ʼn tiende van ʼn efa fynmeel, gemeng met ʼn kwart him uitgestampte olie, en as ʼn dankoffer ʼn kwart him wyn vir die een lam.
En die ander lam moet jy teen die aand berei. Jy moet daarvoor klaarmaak vlogens die môrespysoffer en volgens die dankoffer wat daarby behoort, tot ʼn lieflike geur. Dit is ʼn vuuroffer aan die HERE.
Dit moet ʼn voortdurende brandoffer in julle geslagte wees, by die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die HERE, waar EK met julle sal saamkom om daar met jou te spreek.
En daar sal EK met die kinders van Israel saamkom en die tent sal deur my heerlikheid geheilig word.
So sal Ek dan die tent van saamekoms en die altaar heilig. Ek sal Aäron en sy seuns ook heilig om vir my die priesteramp te bedien.
En Ek sal onder die onder die kinders van Israel woon en vir hulleʼn God wees;
en hulle sal weet dat Ek die HERE hulle God is hulle uit Egipteland uitgelei het om onder hulle te woon. Ek is die Here hulle God.