Afrikaans-1933/2/34

36 lines
5.1 KiB
Plaintext

Toe het die HERE vir Moses gesê: Kap vir jou twee kliptafels soos die eerste; dan sal Ek op die tafels die woorde skryf wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het.
En hou jou gereed teen die môre, en klim in die môre op die berg Sinai en gaan daar voor My staan op die top van die berg.
Maar niemand mag saam met jou opklim nie, daar mag nie eers iemand op die hele berg gesien word nie; laat ook geen kleinvee of beeste teen hierdie berg wei nie.
Toe het hy twee kliptafels gekap soos die eerste, en Moses het in die môre vroeg klaargemaak en op die berg Sinai geklim soos die HERE hom beveel het, en die twee kliptafels in sy hand geneem.
En die HERE het neergedaal in dei wok en daar by hom gestaan. En Hy het die Naam van die HERE uitgeroep.
En toe die HERE by hom verbygaan het Hy geroep: HERE, HERE ʼn barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou;
wat die goedertierenheid hou vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die vierde geslag.
Toe het Moses hom gou na die aarde toe gebuig en neergeval
en gesê: As ek genade in u oë gevind het, laat dan tog die Here onder ons trek; watn dit is ʼn hardnekkige volk; maar vergewe ons ongeregtigheid en ons sonde, en neem ons aan as ʼn erfdeel.
Toe antwoord Hy: Kyk, Ek maak ʼn verbond; voor jou hele volk sal Ek wonders doen soos dit op die hele aarde en onder al die nasiesnie geskape is nie, sodat die hele volk onder wie jy is, die werk van die HERE kan sien. Want verskriklik is dit wat Ek aan jou gaan doen.
Onderhou wat Ek jou vandag beveel. Kyk, Ek verdrywe voor jou uit die Amoriete, Kanaäniete, Hetiete, Ferstiete, Hewiete, en Jebusiete.
Neem jou in ag dat jy geen verbond maak met die inwoner van die land waarin jy kom nie; sodat hy nie miskien ʼn strik vir jou word nie.
Maar hulle altaare moet julle omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme afkap.
Watn jy mag jou nie neerbuig voor ʼn ander god nie; want die HERE se Naam is Jaloers-ʼn jaloerse God is Hy.
Maak tog nie ʼn verbond met die inwoner van die land nie! As hulle agter hule gode aan hoereer en aan hulle gode offer, dan sal hy jou uitnooi, en hy sal van jou offer eet;
en jy sal van sy dogters neem vir jou seuns, en sy dogters sal agter hulle gode aan hoereer en jou seuns agter hulle gode aan laat hoereer.
Jy mag vir jou geen gegote gode maak nie.
Die fees van die ongesuurde brode moet jy hou; sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, op die bepaalde tyd in die maand Abib; want in die maan Abib het jy uit Egipte uit getrek.
Alles wat die moederskoot open is myne; ook al jou vee wat manlik is, die eerstelinge van jou beeste en kleinvee.
Maar die eersteling van ʼn esel moet jy met ʼn lam loskoop; en as jy die nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Al jou eersgebore seuns moet jy loskoop; en niemand mag met leë hande voor my aangesig verskyn nie.
Ses dae moet jy arbei, maar op die sewende dag moet jy rus. In die ploegtyd en in die oestyd moet jy rus.
Die fees van die weke moet jy ook hou, die fees van die eerstelinge van die koring-oes; en die fees van die insameling by die wisseling van die jaar.
Al jou manspersone moet driemaal in die jaar voor die aangesig van die Here HERE, die God van Israel, verskyn.
As Ek nasies voor jou uitdrywe en jou grondgebied uitbrie, sal niemand jou land begeer nie terwyl jy opgaan om te verskyn voor die aangesig van die HERE jou God, driemaal in die jaar.
Jy mag die bloed van my offer nie saam met gesuurde brood slag nie, en die offer van die paasfees mag nie tot die môre toe oorbly nie.
Die beste van die eerstelinge van jou grond moet jy in die huis van die HERE jou God bring. Jy mag die bokkie ni kook in sy moeder se melk nie.
verder het die Here vir Moses gesê: Skrywe vir jou hierdie woorde op, watn op grond van hierdie woorde het Ek ʼn verbond met jou gemaak en met Israel.
En hy was daar by die HERE veertig dae en veertig nagte; hy het geen brood geëet en geen water gedrink nie. En hy het op die tafels die woorde van die verbond, die tien woorde, geskrywe.
En toe Moses van die berg Sinai afgaan-die twee tafels van die Getuienis was in die hand van Moses toe hy van die berg afgaan-wis Moses nie dat die vel van sy gesig blink, omdat hy met Hom gespreek het nie.
En toe Aäron en al die kinders van Israel Moses sien, het die vel van sy gesig geblink! Daarom was hulle bevrees om naby hom te kom..
Maar Moses eht hulle geroep, en Aäron en al die owerstes in die vergadering het na hom teruggeekom; en Moses het met hulle gespreek.
En daarna het al die kinders van Israel nadergekom, en hy het hulle alle beveel wat die HERE met hom gespreek het op die berg, Sinai.
Toe Moses klaar met hulle gespreek het, het hy ʼn sluier oor sy gesig gesit.
Maar as Moses voor die aangesig van die HERE kom om met hom te spreek, neem hy die sluier weg voor dat hy uitgaan. As hy dan uitgaan en aan die kinders van Israel meedeel wat hom beveel was,
sien die kinders van Israel die gesig vna Moses, dat die vel van Moses se gesig blink; daarop sit Moses weer die sluier oor sy gesig totdat hy ingaan om met hom te spreek.