Afrikaans-1933/2/35

36 lines
4.3 KiB
Plaintext

Toe het Moses die hele vergadering van die kinders van Israel bymekaar laat kom en vir hulle gesê: Dit is die woorde wat die HERE beveel het, om dit te doen:
Ses dae lank kan daar werk gedoen word, maar op die sewende dag moet daar vir julle ʼn heilige, ʼn dag van volkome rus wees tot eer van die HERE. Elkeen wat daarop werk doen, moet doodgemaak word.
Julle mag op die sabbat geen vuur aansteek inenige van julle woonplekke nie.
Verder het Moses die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en gesê: Dít is die saak wat die HERE beveel het:
Neem van julle besittings ʼn offergawe aan die HERE. Laat elkeen wat gewilig is in sy hart, dit bring, die offergawe van die HERE: goud en silwer en koper;
en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhare;
en roogeverfde ramsvelle en robbevelle en akasiahout;
en olie vir die kandelaar en speserye vir die salf-olie en vir die reukwerk van speserye;
en oniksstene en stene om in te lê, vir die skouerkleed en die borstas.
En almal wat kunsvaardig is onder julle moet kom en alles maak wat die HERE beveel het:
die tabernakel, sy tent en sy dekkleed, sy hakkies en style, sy dwarshoute, sy pilare en sy voetstukke;
die ark en sy draaghoute, die versoendeksel en die voorhangsel tot bedeking;
die tafel met sy draaghoute en al sy gereedskap, en die toonbrode;
en die kandelaar tot verligting met sy gereedskap en sy lampe, en die olie vir die kandelaar;
en die reukaltaar met sy draaghoute, met die salf-olie en die reukwerk van speserye, en die bedeking van die ingang van die tabernakel;
die brandofferaltaar met sy traliewerk van koper, sy draaghoute en al sy gereedskap; die askom met sy voetstuk;
die behangsels van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke, en die bedekking van die poort van die voorhof;
die penne van die tabernakel en die penne van die voorhof met hulle lyne;
die kunstige klere om die heiligedom te dien, die heilige klere vir die priester Aäron en die klere van sy seuns om die priesteramp te bedien.
Toe het die hele vergadering van die kinders van Israel van Moses af weggegaan.
En elkeen wie se hart hom opgewek, en elkeen wie se gees om aangedryf het, het gekom: hulel het die offergawe van die HERE gebring vir die werk aan die tent van samekoms en vir sy hele bediening en vir die heilige klere;
die mnne het met die vroue gekom, elkeen wat gewillig van hart was; hulle het gepes en ringe en vingerringe en hassierade, allerhande goue goed gebring. En elkeen wat ʼn offer van goud aan die HERE gewy het,
en elkeen wat in besit van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhare en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle, het dit gebring.
Elkeen wat ʼn offergawe van silwer of koper kon aanbied, het die offergawe van die HERE gebring; en elkeen wat akasiahout besit het wat orals by di werk kon gebruik word, het dit gebring.
En elke vrou wat kunsvaardig was, het met haar eie hande gespin, en wat gespin was gebring: die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne.
En al die vroue wie se hart hulle opgewek het deur kunsvaardigheid, het die bokhare gespin.
En die owerstes en die oniksstene en die stene om in te lê, gebring vir die skouerkleed en die borstas,
en die speserye en die olie vir die kandelaar en vir die salf-olie en vir die reukwerk van speserye.
Elke man en vrou wie se hart hulle aangedryf het om iets by te dra vir al die werk wat die HERE deur Moses beveel het om te maak-as vrywillige offergawe aan die HERE het die kinders van Israel dit gebring.
Daarop het Moses vir die kinders van Israel gesê: Kyk, die HERE het Besáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep;
en Hy het hom met die gees van God vervul, met wysheid, met verstand en met kennis en bekwaamheid vir allerhande werk;
en om kunstige planne uit te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper,
en deur snywerk in stenewat ingelê moet word, en deur houtsnywerk-om werksaam te wees in allerhande kunstige werk.
Hy het dit ook in sy hart gegee om ander te onderrig, aan hom en aan Ohόliab, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan.
Hy het hom vervul met kunsvaardigheid om allerhande werk te maak van ambagsman en kunstenaar en van ʼn bewerker van veelkleurige goed-pers en purperroi en bloedrooi stowwe en fyn linne-en van ʼn wewer-hulle wat allerhande werk moes maak en kunstige planne moes uitdink.