Afrikaans-1933/40/7

11 lines
1.0 KiB
Plaintext

Moenie oordeel nie, sobat julle nie geoordeel mag word nie.
Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broer, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?
Of hoe sal jy vir jou broer sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk!
Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broer uit te haal.
Moenie wat heilig is, vir die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle die nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.
Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
Want elkeen wat bid, ontvang; en die want soek, vind; en vir die wat klop, sal oopgemaak word.
Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, vir hom sal gee?
En as hy 'n vis vra, vir hom 'n slang sal gee?