Afrikaans-1933/40/4

12 lines
1.2 KiB
Plaintext

Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel.
En nabat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naberhand honger gekry.
En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word.
Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan
en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Usel af; want deer is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra sodat U nie miskien u voet teen 'n klip stamp nie.
Jesus sê vir hom: Daar is όόk geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.
Weer neem die duiwel Hom seem na 'n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid
en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan Ugee as U neerval en my aanbid.
Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg Satan! went daar is geskrywe: Die Here jon God moet jy aanbid en Hom alleen dien.
Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien.