From 6db01530a84035ba3db03a705d4966de5e99428c Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Sat, 25 Jun 2022 14:03:44 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Psalms 4:1-9 --- 19/4 | 9 +++++++++ 1 file changed, 9 insertions(+) create mode 100644 19/4 diff --git a/19/4 b/19/4 new file mode 100644 index 0000000..06c22cf --- /dev/null +++ b/19/4 @@ -0,0 +1,9 @@ +Vir die musiekleier; met snaarinstrumente.'n Psalm van Dawid. +As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed! +o Manne, hoelank sal julle my eer tot skande wees? hoelank sal julle die nietegheid liefhê, die leuen soek? Sela. +Weet tog dat die HERE vir Hom 'n gunsgenoot afgesonder het; die HERE hoor as ek Hom aanroep. +Sidder, en moenie sondig nie; spreek in julle hart op julle bed, en wees stil. Sela. +Offer offerhandes van geregtigheid en vertrou op die HERE. +Baie sê: Wie sal ons die goeie laat sien? Verhef oor ons die lig van U aangesig, o HERE! +Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is. +Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o HERE, alleen laat my in veiligheid woon.