From 75b96a7118b47f95c021bd533fc1c83e1d44c03e Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Eunice van der Merwe Date: Mon, 27 Feb 2023 14:24:33 +0200 Subject: [PATCH] =?UTF-8?q?Voeg=20by=20spelfout=20korreksie=20op=20N=C3=BA?= =?UTF-8?q?meri=2013:25?= MIME-Version: 1.0 Content-Type: text/plain; charset=UTF-8 Content-Transfer-Encoding: 8bit --- 4/13 | 2 +- 1 file changed, 1 insertion(+), 1 deletion(-) diff --git a/4/13 b/4/13 index f8d6304..8539196 100644 --- a/4/13 +++ b/4/13 @@ -22,7 +22,7 @@ En hulle het opgetrek en die land verken van die woestyn Sin af tot by Rehob, na hulle het in die Suidland opgetrek en tot by Hebron gekom; en daar was Ahíman, Sesai en Talmai, die kinders van die Enakiete. En Hebron is sewe jaar voor Soan in Egipte gebou. Daarop het hulle tot by die dal Eskol gekom en daar ʼn rank met een tros druiwe afgesny en dit met hulle twee aan ʼn draagstok gedra; ook van die granate en van die vye. Dié plek het hulle die dal Eskol genoem vanweë die tros wat die kinders van Israel daar afgesny het. -En ná Verloop van veertig dae het hulle teruggekom van die land te verken. +En ná verloop van veertig dae het hulle teruggekom van die land te verken. En hulle het weggegaan en by Moses en Aäron en die hele vergadering van die kinders van Israel gekom in die woestyn Paran, in Kades, en vir hulle berig gebring en vir die hele vergadering en hulle die vrugte van die land gewys. En hulle het hom vertel en gesê: Ons het gekom in die land waarheen u ons gestuur het; en waarlik, dit loop oor van melk en heuning, en dít is sy vrugte. Maar die volk wat in die land woon is sterk en die stede is versterk en baie groot; en ons het daar ook die kinders vna die Enakiete gesien.