diff --git a/19/18 b/19/18 index 832c82f..5fa7dca 100644 --- a/19/18 +++ b/19/18 @@ -15,3 +15,17 @@ En die HERE het in die hemel gedonder, en die Allerhoogste het sy stem laat hoor En Hy het sy pyle uitgestuur en hulle verstrooi; ja sy bliksems in menigte en het hulle verwar. En die beddings van die waters het sigbaar geword, en die fondamente van die wêreld is blootgelê vanweë u dreiging, o HERE, vanweë die geblaas van die wind van u neus. Hy het uit die hoogte sy hand uitgestrek, Hy het my gegryp, Hy het my uit groot waters getrek. +Hy het my verlos van my magtige vyhand en van my haters, omdat hulle te sterk was vir my. +Hulle het my teëgekom op die dag van my nood; maar die HERE was my steun. +En Hy het my uitgelei in die ruimte; Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het. +Die HERE het met my gehandel na my geregtigheid; Hy het my vergelde na die reinheid van my hande. +Want ek het die weë van die HERE gehou en nie goddeloos van my God afgewyk nie; +want al sy verordeninge was voor my, en sy insettinge het ek nie van my verwyder nie. +Maar ek was opreg by Hom, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid. +So het die HERE my dan vergelde na my geregtigheid, na die reinheid van my hande, voor sy oë. +By die goedhartige betoon U Uself goedhartig, by die opregte man, opreg, +by die reine, rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd. +Want Ú verlos die verdrukte volk; maar U verneder die oë wat hoog is. +Want Ú laat my lamp skyn; die HERE my God laat my duisternis opklaar. +Want met U loop ek ʼn bende storm, en met my God spring ek oor ʼn muur. +Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouterd; Hy is ʼn skild vir almal wat by Hom skuil.