diff --git a/19/3 b/19/3 new file mode 100644 index 0000000..cad6156 --- /dev/null +++ b/19/3 @@ -0,0 +1,9 @@ +'n Psalm van Dawid toe hy gevlug het vir sy seun Absalom. +o HERE, hoe het my teëstanders vermenigvuldig! Baie staan teen my op. +Baie sê van my: Daar is geen heil vir hom by God nie. Sela. +Maar U, HERE, is 'n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef. +Luid roep ek die HERE aan, en Hy verhoor my van sy heilige berg. Sela. +Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die HERE ondersteun my. +Ek sal nie vrees vir tienduisende vna mense wat rondom teen my gereed staan nie. +Staan op, HERE; verlos my, my God! Want U het al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die tande van die goddelose stukkend gebreek. +Die heil behoort aan die HERE; laat u seën wees oor u volk! Sela.