From a43db97c0cfa9212b7c724335d8d1322053770f9 Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Mon, 13 Mar 2023 16:45:11 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Psalms 40:1-18 --- 19/40 | 18 ++++++++++++++++++ 1 file changed, 18 insertions(+) create mode 100644 19/40 diff --git a/19/40 b/19/40 new file mode 100644 index 0000000..e09ec99 --- /dev/null +++ b/19/40 @@ -0,0 +1,18 @@ +Vir die musiekleier. ʼn Psalm van David. +Ek het die HERE lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor; +en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op ʼn rots gesit; Hy het my gange vasgemaak. +En Hy het ʼn nuwe lied in my mond gegee, ʼn lofsang tot eer van onse God. Baie sal dit sien en vrees en op die HERE vertrou. +Welgeluksalig is die man wat sy vertroue in die HERE stel en hom nie wend tot hoogmoediges en leuendienaars nie. +Groot dige het U gedoen, HERE my God - u wonders en gedagtes vir ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel. +U het geen behae in slagoffer of spysoffer nie; ore het U vir my gegrawe; brandoffer en sondoffer het U nie geëis nie. +Toe het ek gese: Kyk, ek kom in die boekrol is dit my voorgeskrywe. +Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande. +Ek verkondig ʼn blye boodskap van geregtigheid in die groot vergadering; kyk, my lippe bedwing ek nie. HERE, U weet dit. +U geregtigheid bedek ek nie binne-in my hart nie; van u trou en u heil spreek ek; u goedertierenheid en u trou verberg ek nie vir die groot vergadering nie. +U, o HERE, sal u barmhartighede van my nie terughou nie; laat u goedertierenheid en u trou my altyddeur behoed. +Want onheile sonder getal het my omring; my ongeregtighede het my ingehaal, en ek kan nie sien nie; hulle is meer as die hare van my hoof, en my hart het my verlaat. +Laat dit U behaag, HERE, om my te red; HERE, maak tog gou om my te help! +Laat hulle tesame beskaamd staan en rooi van skaamte word wat my lewe soek om dit weg te ruk; laat hulle agteruitwyk en in die skande kom wat behae het in my onheil. +Laat hulle oor hul beskaaming verskrik wees wat vir my sê: Ha, ha! +Laat in U vrolik en bly wees almal wat U soek; laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is die HERE! +Al is ek ellendig en behoeftig - die Here dink aan my; U is my hulp en my redder; my God, vertoef tog nie!