diff --git a/19/34 b/19/34 new file mode 100644 index 0000000..b3cf654 --- /dev/null +++ b/19/34 @@ -0,0 +1,23 @@ +ʼn Psalm van David, toe hy hom kranksinnig gehou het voor Abiméleg en die het hom weggejaag het, sodat hy heengegaan het. +Alef. Ek wil die HERE altyd loof; sy lof sal altyddeur in my mond wees. +Bet. My siel sal hom beroem in die HERE; die sagmoediges sal dit hoor en bly wees. +Gimel. Maak die HERE saam met my groot, en laat ons same in sy Naam verhoog! +Dalet. Ek het die HERE gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered. +He. Hulle het op Hom gesien en gestraal van vreugde, en hulle aangesig hoef nie rooi van skaamte te word nie. +Sajin. Hierdie ellendige het geroep en die HERE het gehoor, en hy het hom uit al sy benoudhede verlos. +Get. Die Engel van die HERE trek ʼn laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit. +Tet. Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by hom skuil! +Jod. Vrees die HERE, o sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie. +Kaf. Die jong leeusly aremoede en het honger; maar die wat die HERE soek, het geen gebrek aan enige goed nie. +Lamed. Kom, kinders, luister na my; ek wil julle die vrees van die HERE leer. +Mem. Wie is die man wat lus het in die lewe, wat dae liefhet om die goeie te sien? +Noen. Bewaar jou tong vir wat verkeerd is, en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie. +Samek. Wyk af van wat verkeerd is; soek die vrede en jaag dit na. +Ajin. Die oë van die HERE is op die regverdiges en sy ore tot hulle hulpgeroep. +Pe. Die aangesig van die HERE is teen die kwaaddoeners, om hulle gedagtenis van die aarde uit te roei. +Sade. Hulle roep en die HERE hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede. +Kof. Die HERE is naby die wat gebroke is van hart en Hy verlos die wat verslae is van gees. +Resj. Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom. +Sjin. Hy bewaar al sy bene: nie een daarvan word gebreek nie. +Tau. Die onheil maak die goddelose dood; en die wat die regverdige haat, moet daarvoor boet. +Die HERE verlos die siel van sy knegte; en almal wat by hom skuil, hoef nie te boet nie.