diff --git a/1/32 b/1/32 new file mode 100644 index 0000000..b4dc263 --- /dev/null +++ b/1/32 @@ -0,0 +1,8 @@ +Jakob het ook verder gereis, en die engele van God het hom ontmoet. +Toe hy hulle sien, sê Jakob: Dit is 'n leër van God! En hy het die plek Mahanáim genoem. +En Jakob het boodskappers uitgestuur voor hom uit na sy broer Esau in die land Seϊr, die landstreek van Edom, +en aan hulle bevel gegee met die woorde: So moet julle vir my heer, vir Esau sê: So sê Jakob, u dienaar - ek het as vreemdeling vertoef by Laban en daar gebly tot nou toe; +en ek het beeste en esels, kleinvee en slawe en slavinne verwerf, en my heer dit laat weet, sodat ek guns mag vind in u oë. +En die boodskappers het na Jakob teruggekom en gesê: Ons het by u broer Esau gekom, en hy trek u alreeds tegemoet en vier honderd man saam met hom. +Toe het Jakob baie bevrees en benoud geword, en hy het die mense wat by hom was, sowel as die kleinvee en beeste en kamele in twee laers verdeel; +want hy het gedink: As Esau op die een laer afkom en dit verslaan, sal die laer wat oorbly, vryraak.